Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7961 resensies.
"Baie lekker plekkie om na toe weg te breek. Ongelukkig is die pad op sommige plekke onbegaanbaar. Het lekker eetplekkies en winkels om te besigtig."
"Baie lekker. Maak seker jy gaan draai by die vrouemonument en ook by Tempe Armor Skool. Baie interessant! "
"One cannot compare Winburg with Boschrand. Winburg is a typical Free State Village, although it does have some historical importance. Boschrand is a purpose designed game farm with a lodge and accommodation."
"Ek was aanvanklik baie skepties omdat ek gereeld in die nuus lees van inbrake in die Westdene-omgewing, maar het nie vir een oomblik onveilig gevoel terwyl ek daar was nie."
"Die dorp se strate is reggemaak vandat ons laas daar was. Dit is n eersteklas toeristedorp met goeie diens oral."
"Parys is 'n baie lekker kuierdorp, vriendelike mense en baie oulike eetplekke. Winkeltjies het ook ietsie vir almal se smaak."
"Bethulie is 'n baie oulike dorpie met baie geskiedenis. Regte boeregemeenskap wat gasvry is. Baie rustig en stil. "
"Only one mediocre restaurant unless you book a meal at Nick's BnB. Convenient stopover to Bloem but otherwise a dead-end town."
"Die omgewing is pragtig en dit is naby genoeg aan Clarens, Golden Gate en Ficksburg om dié plekker ook te verken. Ons het heerlike wafels en koffie by die Fouriesburg Country Inn geniet en 'n middagete by die Plaas Stoep-restaurant. "
"Ons is baie lief vir Clarens. Die pragtige kleurskakerings van die berge, sandsteen en populierbome maak dit prentjiemooi. Clarens het 'n lewendige en gesellige kuier atmosfeer, oral waar mens gaan. "
"Lieflike dorpie met fantastiese kuns en uitsig. Naby aan natuur en Golden Gate. Sal verseker weer besoek. "
"Ek het nie eers geweet van die dorpie nie maar, sal beslis weer daar gaan bly oppad Kaap toe of indien ek enigsins in daai rigting ry, ry ek nie weer net verby nie."
"Westdene is naby Loch Logan, Mimosa Mall, die Vrystaat Stadion en nie te ver van die Universiteit nie. Werklik 'n sentrale area."
"Dit is n dorpie waarna 'n mens altyd sal terugkom om die mooi natuur en die bedrywighede te kan geniet."
"Sal dit enige tyd weer besoek - bietjie langer oorbly en meer plekke besoek."