Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7979 resensies.
"Oor naweke lewe Parys met besoekers van heinde en verre! Atmosfeer soos dié van 'n kunstefees. Groot verskeidenheid eet-en kuierplekke. Vele geleenthede vir snuffel-kyk en koop."
"Dis 'n dorpie wat meer krediet moet kry. Ek weet dis van die pad af maar 'n mens moet daar stop."
"Klein, baie skoon dorpie, ongelooflike vriendelike mense, was by Karoo-teater vir 'n 90ste verjaarsdag."
"Baie plekkies om te besoek in die dorp, vriendelike mense, baie plekkies rondom die dorp om te besoek. Meiringskloof staproetes is briljant."
"Mooi groen hierdie jaar (2022), maar ai, die paaie. Sommige is slaggatpaaie met teer hier en daar, ander is glibberige (vassit) modderpaaie. Ons is net jammer vir die mense wat dit elke dag moet gebruik."