Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Jacobsbaai is vir ons ideaal, ons hou van rustigheid, ek dink vir kinders sal dit dalk vervelig wees, daar is nie veel om te doen nie. Strand dalk klein indien daar baie vakansiegangers is oor hoog seisoen."
"Dit is 'n pragtige stranddorpie en die see is wondermooi. Het die paar dae daar terdeë geniet."
"This place is a hidden gem. There are restaurants worth visiting and the area is very short driving distances from all the major towns which was perfect. "
"Langebaan is 'n baie goeie toeriste-aantreklikheid. Die plek is ideaal geleë en lekker om in te ontspan."
"Paternoster herinner my aan die Griekse eiland Mykonos. Lieflik! Maar was ontstel oor al die klein 'crayfish' wat buite seisoen openlik verkoop word op straat Dit is mos 'illegal" - geen polisie opgemerk wat hierdie persone arresteer!"
"Velddrif is a lovely small country town and being located right on the Berg River and its estuaries, it's a big attraction."
"As jy 'n plek soek om net te ontspan, vis te vang en die see te geniet is dit beslis die plek vir jou!"
"Ons sal vir seker teruggaan Paternoster toe en betyds bespreek om weer so lekker by Gaatjie Restaurant te gaan eet!"
"Langebaan is an awesome place to go to just to relax from the busy Cape Town area. We love Langebaan. "
"Paternoster is mooi, maar elke tweede mens wil iets (kreef,skulpe,mossels) aan jou verkoop. Daar word elke keer wat jy iewers heen ry na jou geroep en besoeke by jou hek is ook gereeld. Sou jy op jou stoep sit, is bedelary ook nie ongewoon nie."
"Baie rustige dorpie wat goed geleë is. 'n Uur en 'n half se ry van die Kaap af en winkels binne 'n 15-20 min ry. Baie mooi en baie dankie!"