Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Admiral Islands en Port Owen is baie mooi en die perfekte wegbreek plek as jy net wil ontspan."
"Yzerfontein het pragtige natuurskoon en baie stil strand. Die wind is soms net te veel vir die Gautengers wat nie gewoond is daaraan nie."
"Baie lekker plek met vriendelike mense. Die weer was bietjie koud maar met die lekker warm kos by die restaurant was ek gou-gou vergete van die koue."
"Ons was bewus van die misdaad probleem, maar het self geen misdaad beleef of onveilig gevoel nie. Die Paternoster gemeenskap, met hulle Buurtwag, maak dan 'n duidelike verskil. Al wat Paternoster nog kort, is 'n Kwikspar of 'n Wollies Food."
"Myburg Park was tops, maar in geheel is Langebaan 'n lieflike vakansie bestemming, en ons sal beslis weer 'n draai gaan maak."
"Check the seasons. We visited at the wrong time of year to see the birds and the drought did not help. Very central and the perfect stop over before going further up the coast."
"Muisbosskerm was 'n teleurstelling en waarde vir geld kan ernstig bevraagteken word. "
"Skilderagtig mooi en veilig - strate word deur plaaslike mense deurlopend gepatrolleer."
"What a lovely peaceful town - this is where one should go to truly unwind and relax. The only negative point is that nature conservation should be better applied, especially regarding the marine life. "
"Laid back beach ‘dorpie’ where you can just relax in a beautiful beach home. Not much else going on in Yzerfontein, but within easy reach of many other destinations, restaurants and attractions."
"Sandy Point is 'n baie rustige dorpie met pragtige strande. Ek het lanklaas sulke skoon seewater gesien. Die winkels in die dorpie bied al die noodsaaklikhede. Daar is ook interessante omliggende dorpies wat besoek kan word. Vredenburg het 'n groot mall vir die shopaholics. "
"Ons het baie meer van die dorp verwag. Ek het gedroom oor 'n plek waar ons vars vis by bote kon koop en miskien 'n krefie êrens in die hande kon kry, maar nee. Ons moes hoor dat die kreeffabriek nou 'n aartappel/chips fabriek is. Die voëleiland is vervalle en bied die besoeker bitter min vir die R40 toegang geld. Ek het nie baie veilig gevoel om in die dorp rond te stap nie. Aangesien die dorp uiters swak beplan is moes ons baie soek na winkels vir ons benodigdhede. Ek twyfel of ek weer die dorp sal besoek. "
"Wonderlike omgewing, rustig met pragtige sonsondergange. Daar is geen plek soos die Weskus."
"Pragtige vibrant dorpie. Ek sou egter net wou sien dat daar meer tradisionele kosse beskikbaar is. Ons het lekker gekuier. "
"Mooi strand veral vir kite surfers. Jammer van al die nuwe ontwikkelinge, word baie vol gebou."
"Treat yourself to a delightful evening with live entertainment and splendid supper at the "Captain's Cabin " restaurant, 5 minute drive from 12 on beach. Also tour the surrounding areas and bays no more than 50 km radius. Great developments taking place. Jacobsbaai, Paternoster, St. Helena Bay, Brittanje Bay, etc."
"Die area was nie baie veilig nie. Ons het 'n insident gehad op die strand toe my ma en dogtertjie gaan stap het en die volgende oomblik was daar 2 mans om hulle wat nader aan hulle gestap het en gelyk het of hulle iets wou doen. Gelukkig was my man net agter hulle en toe hy vir hulle skree, toe hardloop die mans weg."