Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Die Vrystaatse platteland is pragtig en wonderlik om te kuier. My rede vir Bultfontein as bestemming was om vir 'n familielid in die aftreeoord te kuier."
"Lieflike staproetes in die berge en oulike winkels en restaurante. 'n Baie lekker plek vir 'n familie-vakansie."
"Die stad het groot geword. Paaie kort aandag soos die meeste stede van ons land. Mense is wel baie vriendelik en bedagsaam. Die meeste eetplekke maak vroeg toe weens COVID. Ons kon net na 7 by een plek regkom - Panarottis by Mimosa. Kloppers is 'n moet om te besoek, maar maak jou reg vir ten minste 2 ure se rondloop in die reusewinkel."
"Daar is veranderinge wat plaasgevind het as gevolg van Covid, maar nog steeds lekker om daar te gaan rus. Lekker kuierplekke saam met vriende."
"Maybe the municipality can attend to the potholes and aesthetic character of this beautiful old town."
"Ons is na Bloemfontein toe om die NBT toets af te skryf. Ek het agtergekom Bloemfontein is 'n vriendelike stad. Die stad is egter nie 'n vakansiebestemming nie, maar eerder 'n bestemming vir sakereise. Ek sal beslis weer die Dros in Dan Pienaar besoek as ek ooit weer in Bloemfontein is."
"As jy heerlike ontbyt teenaan die rivier wil geniet, met veral die kalmte en die mooiste uitsig op die water, is O's restaurant die plek!"
"Lovely relaxing long weekend enjoying the delights of Clarens. Already recommended to family and friends."
"Wat 'n heerlike ontsnapping uit die stad se geraas. Dis minder as 'n uur se ry van Johannesburg af. 'n Lieflike dorpie met baie interessante winkels, kunsgalerye en restaurante. Die Hartelus Mark op die eerste Saterdag van die maand is 'n moet om by in te loer. Baie om te doen en te sien in die omgewing ook."
"Wens dit het gesneeu, maar die koue was verfrissend en oorgenoeg restaurante om heerlik te sit en kuier!"