Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36612 resensies.
"Ons kom al vir die afgelope 4 jaar op gereelde basis na Sedgefield. Baie lekker sentraal en ons hou van die rustigheid en omgewing."
"Ja, dit was my eerste besoek aan Struisbaai en die hartlikheid van die mense het my getref. Dit was baie koud tydens ons besoek daar, maar die warm harte het ons gou van die koue laat vergeet. Pragtige skoon, plattelandse dorp en gemeenskap. Hoop ons sien julle weer."
"'n Skoon, interessante en vriendelike dorp. Moenie net deurry nie, spandeer 'n paar nagte en verken en geniet die dorp."
"Witsand is 'n heerlike juweeltjie. Pragtige strande waar mens heerlik kan loop en skulpe optel. Ek het nog nooit sulke hope skulpe op 'n strand sien lê nie. Visvang is nie my passie nie, maar duidelik is dit ook die plek daarvoor as jy daarvan hou nie. Daar is al die geriewe wat jy sou verwag, maar dit voel nie kommersieel nie. Dit maak dit 'n plus punt aangesien dit mos juis is waar mens wil rus as jy wil wegkom van daaglikse stresse. Pragtige, skoon omgewing. Lekker vakansieplek. Lekker blyplek as jy sommer net wil wegkom en maak asof jy in die paradys lewe."
"Die strand is mooi en is naby baie pragtige dele en besienswaardighede in die omgewing."
"Montagu is 'n pragtige dorp met die beste restaurante en vriendelike mense!"
"Nothing to do in and around the area on a Sunday, and everything closes by 17:00. We therefore had no where to really experience dinner."
"'n Pragtige bestemming. Die enigste probleem is dat die swemstrand relatief ver van Stilbaai-Wes is. "
"Veiligheid bly 'n bron van kommer. Daar is soveel werkloosheid en gevolglik heelwat arrogante bedelaars en mense wat goed wil verkoop. Moet niks openlik sigbaar in jou motor of self buite jou wooneenheid los nie."
"The Community is rather small but has so many gems. The people are friendly and make feel welcome within the community. "