Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11380 resensies.
"Ek weet nie vir hoe lank ek nog die voorreg sal hê om deur die Karoo te ry nie, maar terwyl ek nog kan beïndruk die grootsheid van die landskap my elke keer weer opnuut."
"Die kaktustuin was ongelukkig toe in die middag. Die dorp het aandag nodig op party plekke, soos die park agter die kerk."
"The only thing that was lacking in the area was a place to eat that was not fast food. Laingsburg is not really a destination, but rather a place to pass through."
"Mense by die Checkers was ongelooflik hoflik en Covid-19-reëls word baie goed daar toegepas. Kos van Debonairs is definitief lekkerder as Pretoria-stad sin."
"Die dorpie self is bietjie verwaarloos, maar dit mag dalk wees as gevolg van die Kerstyd."
"Ons het net oornag en het nie veel rondgekyk nie, maar dit lyk na 'n mooi Karoo-dorpie."
"Het baie veilig gevoel al het ons motor in die straat gestaan. Die dorpie self het egter nie meer dieselfde bekoring van 'n plattelandse dorpie nie. Baie jammer dat die kafees nie meer deur die plaaslike inwoners bedryf word nie."
"Mooi skoon dorpie, oulike eetplekkies! Ons kon kos bestel wat by ons afgelewer is, baie lekker en gerieflik."
"Quaint little town, ideal for a stopover, or a watersport breakaway at a resort om the dam's edge. Very little infrastructure and dining options - come prepared."
"Dis 'n baie rustige historiese stil dorpie met vriendelike mense - goeie slaapplek en eetplekke."
"Asemrowende mooi uitsig oor die dam. Besonder rustig. Eetplekke is redelik beperk, maar met selfsorg, kan 'n langer verblyf baie ontspannend wees!"
"We always enjoy stopping over in Colesberg, breaking our journey between Port Elizabeth and Johannesburg."
"Baie rustige, stil plek. Baie netjiese omgewing. Alles wat mens nodig het is beskikbaar."
"Colesberg se paaie, dalk oppervlakkig om te noem, is swak. Dis 'n jammerte dat dit nie onderhou word nie. Ek het 'n smaaklike pizza by Allards geniet, die chilli-ene."
"Het nie tyd gehad om die dorp te verken nie. Kan darem Inni Kraal aanbeveel vir lekker eet."