Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Flamboyant 10"Dit is asemrowend mooi en rustig, maar hoewel ek die gevoel het dat dit deur en deur 'n toeriste-ekonomie is, is die aanwysings na bv. die strandmeer vir (nuwe) toeriste karig. (Selfs die GPS was deurmekaar.) Hoewel curio's oral beskikbaar is, is die verkopers nie lastig nie - komplimente met die balans!"
"Veilig, mense kan dalk bietjie vriendeliker wees. Ek dink iemand kan 'n besigheid begin waar hulle iets soos scooters of gholfkarretjies uithuur, om rond te ry in Leisure Bay-area. Ook kort daar 'n strandwinkeltjie, alhoewel daar 'n winkeltjie is, is dit 'n ent se stap, baie opdraande. Maar fantastiese plek."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"Jy kan lekker wegkom van die stadslewe in die wonderlike natuur van St. Lucia."
Pietermaritzburg North, KwaZulu-Natal
Forest Retreat"It is a nice, quiet place but was a bit far from our family gathering."
"Wat regtig nogal kortkom, is 'n goeie supermark, die Spar het afgebrand, maar ek glo dit gaan weer gebou word."
"Alhoewel die strandfront 'n lekker staproete het al langs die strand, is Umhlanga nie vir my 'n rustige wegbreekdorp om van die harwar van die stad weg te kom. Dit is baie besig en orals word groot kantoorgebou opgerig. "
"Howick is lovely and close to many wonderful sights and interesting places for visitors. Loved exploring the midlands area. "
"Die getyepoel by Warner se strand is wonderlik vir klein kindertjies. Ons het 3 dae goor weer gehad. Het nie geweet dat die Kaap se stormwinde van tyd tot tyd Natal toe kom nie. "
Pietermaritzburg North, KwaZulu-Natal
Tracey's B&B"Pragtige omgewing met heerlike restaurante naby."
"Lief vir Uvongo, maar die strand en geriewe het baie agteruit gegaan die laaste paar jaar wat baie hartseer is."
"Pennington is 'n rustige dorpie. Half weggesteek van al die gejaag. Dis groen en bebos en skep 'n rustige atmosfeer. Naby genoeg aan ander strande om te ry en plekke te besoek. "