Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5311 resensies.
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
À la Maison Boutique Guesthouse"Die dorpie is definitief die moeite werd om te besoek! 'n Groot verskeidenheid koffiewinkels, restaurante en pragtige winkeltjies."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Roaring Sky Bush Lodge & Safari Camp"Ons was die Sondag in Dinokeng en het 'n selfrypas bekom teen 'n baie billike prys. Ons het baie wild te sien gekry, selfs die leeus. Die kaart is verstaanbaar en die paadjies mooi genommer en uitgewys. Daar is 'n paar plekke waar ons bietjie verdwaal het omdat 'n padaanwyser gedraai was, maar ons het gou weer ons pad gevind by die volgende padaanwyser."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Otters' Haunt"As is the case with most South African towns, Parys needs work. Part of the problem is out of the towns hands, like pollution in the river. Those responsible, whether individuals or big businesses, should be held accountable. Good governance is part of the solution. Overall, a good destination within easy reach of Johannesburg. Market on first Saturday of the month is worth a visit, especially to try the products from the local micro brewery."
Magaliesburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Nullarbor Cottages"By Magaliesburg is daar nie veel nie. Mens moet verder ry na Black Horse en die grotte en Maropeng of dam toe."
Muckleneuk, Ontsnap Uit Johannesburg
Unionview Guest house"Dit is baie toeganklik vir persone wat in daardie deel van die stad wil tuisgaan. Aangename verblyf."
Kosmos, Ontsnap Uit Johannesburg
Bali at Scenic Haven Lodge"Net jammer van die plakkers in die middel van die woongebied. Dit is uiters afbrekend en 'n mens voel onveilig om daar te ry in die aand."
Rustenburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Engedi Herberg"Lieflike omgewing en naby Sun City, omring deur bosveld."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Gegund Gasteverblyf"There are many antiques and collectables shops where travellers can buy things for their homes. Beautiful place."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Schilbach House"Anytime you just want to relax and eat at the nicest little places, walk around in little shops and hang your love lock at the 100 year old bridge. Take the road to Parys. We had fun there!"
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
La Belle Guesthouse Parys"Was bietjie teleurgesteld. Min verskeidenheid. "
Kings Hill, Ontsnap Uit Johannesburg
Greensleaves Guest House"Baie naby aan Harrismith parkrun en dus 'n uitstekende ligging as mens wil oorslaap en die parkrun bywoon."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Cullinan Diamond Lodge"Ons het nie Dinokeng as toeristebestemming gebruik nie. Sal dit graag volgende keer wil doen. Slegs oornag-akkommodasie."
Bailey’s Muckleneuk, Ontsnap Uit Johannesburg
37 on Charles"Kan nie verstaan dat restaurante al 21:00 hulle kombuis sluit op 'n Vrydagaand nie."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Devondale Guesthouse & Spa"We loved the quaintness of the town. There is a lot to do and see, more than you can fit in to a weekend. Lots of nice restaurants and of course the antique shops are amazing!"
Wapadrand, Ontsnap Uit Johannesburg
Koru Guest House"Baie veilig waar mense nog kan stap in die strate en die kinders op hulle fietse kan rondry."
Brits, Ontsnap Uit Johannesburg
Grasdak Guesthouse"Brits het 'n klomp plekke in die omgewing, soos venues en natuurreservate. Dit is dus sentraal genoeg om na al hierdie plekke toe te gaan."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Kohandè Glamping"Dinokeng is letterlik op ons voorstoep! Dis nie nodig om 5 ure Wildtuin toe te ry om die bos-gevoel te kry nie. Ons geniet Dinokeng en gaan gereeld, al is dit net vir die dag."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Rose Acres Guest House"Die onsuiwer water is sy grootste problem. Ek is bly ek hoef nie lank daaraan blootgestel te wees nie. Die omgewing en mense is spesiaal!"
Sentraal Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
A Touch of Grace"'n Inligtingsblad oor Potchefstroom sou handig wees, maar gelukkig het die internet gehelp."
Sentraal Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
A Country Garden Guest House"Potchefstroom kom baie verwaarloos en vuil voor as jy deur die strate rond ry."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Nyani Lodge"Mal oor Dinokeng! Groot 5 op jou voorstoep! Goeie waarde vir geld."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Tshikwalo Lodge"In die 3 dae wat ons baie rondgery het op die "self-drive" roetes het ons geen teken van die sogenaamde Groot 5 gesien nie. Die boksoorte, sebras en kameelperde is redelik volop."