Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5311 resensies.
Senekal, Ontsnap Uit Johannesburg
The Fairway Guesthouse"Senekal is a small town, I was there for business, so cannot really comment on any tourist attractions. The golf course looks great though."
Die Wilgers, Ontsnap Uit Johannesburg
Wilgers Guest House"It is beautiful and very near to the hospital."
Schoemansville, Ontsnap Uit Johannesburg
The Art Guesthouse"Mooi dorpie met baie interessante besienswaardighede. Darem net baie baie jammer vir die probleem met die hiasinte, maar ons glo daar word aandag aan gegee."
Rustenburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Milorho Lodge"A beautiful place, blessed with nature which should be respected and be treasured."
Rietfontein, Ontsnap Uit Johannesburg
Ciara Guesthouse"My waarneming is dat Rietfontein 'n ou deel van Pretoria is, teenoor byvoorbeeld Montana net agter die Magaliesberg wat 'n meer moderne voorkoms asook groot winkelsentrums, sportgeriewe en toegang na talle gewilde handelsmerke bied. Rietfontein is plat en kouer in die winter, teenoor die noordekant van die berg wat 'n subtropiese klimaat saam met 'n uitsig noordwaarts bied. Gawe en vriendelike inwoners en gerieflike oornagverblyf ten spyt, vermoed ek Rietfontein kan doen met 'n vernuwingstrategie."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Abendruhe Lodge"Vra rond om uit te vind waar die beste wild is want die is baie skaars in Dinokeng. In drie dae van baie rondry (Julie) het ons net bokke en 'n paar kameelperde gesien. Baie min voëls, feitlik geen klein soogdiere nie. Maar andersins is dit baie rustig en 'n lekker, maklik bereikbare wegbreek naby Pretoria en Johannesburg."
Shere, Ontsnap Uit Johannesburg
Mountain Manor Guest House and Day spa"Die naamborde na die bestemmings kan beter aangedui word. Verder is dit 'n heerlike en lieflike omgewing."
Skeerpoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Brown's Cabin and Cottages"Skeerpoort is ideaal geleë as jy Harties wil besoek, maar in 'n bietjie stiller area verblyf verlang. Die area is baie mooi. Die bergreeks veral."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Gegund Gasteverblyf"Parys is 'n dorp met baie karakter en dit is wonderlik om te sien hoe inwoners hulle inisiatief gebruik om toerisme geleenthede te benut. Dit wel egter voorkom asof die munisipaliteit en die plaaslike owerheid heelwat meer kan doen om te sorg dat die dorp 'n gunsteling bly onder besoekers. Die Vaalrivier wat by die dorp verbyvloei speel 'n groot rol in Parys se aantrekkingskrag. Die voortdurende besoedeling as gevolg van rioolafval wat in die rivier invloei, moet so gou as moontlik stopgesit word, ter wille van die dorpenaars sowel as vakansiegangers en reisigers. Dit wil ook voorkom of misdaad aan die toeneem is in Parys. Dit moet vroegtydig in die kiem gesmoor word voordat dit 'n vlak bereik waar dit mense begin afskrik om die skilderagtige dorp te besoek. "
Schoemansville, Ontsnap Uit Johannesburg
Pumleni Guesthouse"Baie te sien en te doen en baie goed geleë."
Waterkloof Ridge, Ontsnap Uit Johannesburg
L'Abri"Vakansie in Pretoria is glad nie 'n slegte idee nie! Die doel van ons besoek aan Waterkloof was om aan sport deel te neem, maar op die ou einde het dit soos 'n regte vakansiegevoel. Meer as genoeg opsies vir baie pret en plesier!"
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
The Danes on Vaal"Dit bly 'n stukkie hemel op aarde waar tyd gaan stil staan!"
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Hunters Pride 39"Ons het heelwat boksoorte gesien. Ongelukkig net die spore van die olifante, maar was nie so gelukkig om renosters of enige van die katte in die Groot Vyf te sien nie."
Boshoek, Ontsnap Uit Johannesburg
Gatz Guest House"Die area, oor die algemeen, kom redelik afgeleef voor en ek sal dit nie as 'n toeristebestemming (op sy eie) aanbeveel nie. Dit is te ver van Sun City en Pilanesberg af om op hulle geriewe en aktiwiteite aanspraak te maak."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Thala Thala"Altyd 'n wenner as jy net rustig en stil wil wees om die natuur te geniet."
Magaliesburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Nullarbor Cottages"Ons was by The Crooked Tree hondepark. Lieflike park met netjiese, skoon geriewe. "
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Dinokeng is an amazing reserve with a lot of potential! We look forward to visiting again."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Mooiplasie Bush Camp"Lekker naby Pretoria, heerlike wegbreek vir 'n naweek!"