Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Haroldsbaai is baie rustig,veilig en sommer alles wat jy nodig het om te rus en jou siel te voed. Baie dankie aan LekkeSlaap se diens! Blyplek was volledig toegerus met meer as ons verwagtinge. Uitsig baie mooi. Sal waarlik weer van julle gebruik maak."
"Buite seisoen baie stil. Daar gaan nie veel aan nie. In seisoen is dit baie besig, met duisende mense, maar ons hou daarvan so, want ons wil ook deel van die baie wees. Baie konserwatief, spreektaal is Afrikaans."
"Voel net jammer vir die brand wat plaasgevind het. Kry die boere so jammer. "
"Die aktiwiteite vir 'n kleintjie was in perfekte radius van mekaar. Die diens was fantasties by al die plekke waar ons was: die swembad, spa, restaurante en speel area. Dankie almal!"
"As jy hou van rustigheid en wil wegkom van die daaglikse gejaag is Keruboomstrand beslis die regte plek!"
"Dis baie mooi, jammer dis nie ’n stapstrand nie. Maar gelukkig is die ander strande wat by dit is, wel!"
"Lekker plek om eiendom te besit, as ek die geld gehad het, sou ek beslis daar wou bly."