Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Die tydjie was te kort om die dorp behoorlik te verken Sal moet teruggaan vir meer toeriste uitstappies."
"Die verskeidenheid van goeie restaurante, pragtige natuurskoon en baie om te doen maak Plettenbergbaai ons gunsteling bestemming."
"Die mense is vriendelik en gasvry en daar is allerhande interessante doendinge."
"Sedgefield is baie ideaal geleë, weg van die stad/dorp se geraas, maar tog naby genoeg om aktiwiteite by Knysna by te woon. Daarbenewens beskik Sedgefield self ook oor winkels wat mens op 'n daaglikse basis sal besoek vir enige benodighede. "
"Wildernis is 'n lieflike dorp met 'n pragtige strand en die lekkerste kuierplekke vir die aande. Sal beslis Wildernis aanbeveel!"
"Stilbaai is die mooiste plek. Sal definitief graag weer daar wil bly, sommer permanent."
"Beslis 'n moet kuierplek en ek sal dit enige tyd weer besoek. Uitstekende verblyf en kostes is billik. "
"Groot Brakrivier is 'n fantastiese plekkie. Ontsettend mooi. Sal enige tyd weer gaan."
"Altyd lekker om in Hartenbos en die omgewing te wees. Vriendelike mense en lekker eetplekke!"
"Die plek het baie vriendelike mense. Ons het baie welkom gevoel orals waar ons gekom het. "
"Ten spyte van die onlangse brande bly Knysna 'n gewilde toerisme-bestemming en die areas rondom die waterfront is onaangeraak. Die dorp se aanwysings na besienswaardighede kan egter opgeknap word. Weens die swaar verkeer is dit moeilik om in die strate te navigeer en kan mens nie sommer omdraai as jy 'n afdraai gemis het nie."
"Al het meeste van die natuur weg gebrand was dit steeds 'n wonderlike ervaring. Uitsig en sonsondergang was onbeskryflik mooi!"