Geverifieerde Resensie

Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7961 resensies.

Clarens, Vrystaat

V'Kansi Khaya

"Wonderlike restaurante, klein winkeltjies en kunsgalerye, asook mooi staproetes wat 'n bietjie beter geadverteer kan word."

Trompsburg, Vrystaat

Fox Den Guest House

"Die koffiewinkeltjie met pasteie is 'n groot pluspunt."

Westdene, Vrystaat

Lala Dene Lodge

"Westdene is baie sentraal geleë en maklik om enige plek te bereik, selfs te voet."

Parys, Vrystaat

Riverbush Lodge

"Pragtige dropie! Sal verseker weer besoek."

Panorama, Vrystaat

Sewende Hemel

"Kroonstad was eens op 'n tyd 'n wonderlike dorp, maar is ongelukkig nou 'n rommelhoop."

Harrismith, Vrystaat

Ibis Self-Catering Accommodation

"Die paaie in Harrismith is baie sleg met verskeie slaggate wat vir 'n reisiger groot ongerief en skade kan berokken indien jy 'n band sou verloor."

Bethulie, Vrystaat

Bethulie Guest Farm

"Trudie van die museum was baie behulpsaam met inligting oor die area en die konsentrasiekampe, asook die monumente in die area. Sal graag langer tyd in die area wil bly. Dis ryk aan Afrikaner-geskiedenis. "

Vrystaat

Amanzi Game Reserve

"More attractions are needed. "

Clarens, Vrystaat

Fairview Cottages

"Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel."

Zastron, Vrystaat

Vultures Lodge

"Sal graag langer in Zastron wil bly sodat ek die groot rotsformasies kan verken wat oor Zastron uitkyk."

Heuwelsig, Vrystaat

A Castle With A View

"Straatname in die omgewing ontbreek."

Clarens, Vrystaat

Zwartmodder

"Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem."

Brandwag, Vrystaat

College Lodge

"Baie goed. Kon teruggaan in tyd met weermag, ens."

Clarens, Vrystaat

Die Kruik

"Nie 'n kunskenner nie en daarom was 4 dae genoeg om alles te ervaar. Die berge is 'n belewenis! "

Bethulie, Vrystaat

Old Watchmakers Guest House

"Bethulie is 'n klein plekkie, geen gejaag of lawaai nie. Baie ou geboutjies met heelwat geskiedenis. Ons was ongelukkig laat op 'n publieke vakansiedag daar en kon nie dit ten volle geniet nie. Skoon, rustig en netjies. Baie veilig. Eg platteland."

Universitas, Vrystaat

Tula 159

"Goed vir oornagdoeleindes."

Parys, Vrystaat

Rose Acres Guest House

"Dis jammer dat die museum gesluit was tydens ons tyd daar. Ons sou graag daar 'n draai wou gaan maak. "

Parys, Vrystaat

Doringbos Lodge

"Parys is 'n tipiese Vrystaatdorpie met aanleg. Die rivier en alles wat jy daar kan doen is baie opwindend. Breëstraat is natuurlik die grootste trekpleister vir my gewees."

Clarens, Vrystaat

Knock Out View

"Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek."

Kroonstad, Vrystaat

Oppihoek

"Die strate is erg verwaarloos."

Fouriesburg, Vrystaat

Oranje Guest Farm

"Pragtige omgewing. Sal graag meer wil verken. "

Clarens, Vrystaat

Cottage Pie

"Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is. "

Universitas, Vrystaat

Rise and Shine Lodge

"Dit is gerieflik naby koopsentrums, die Universiteit asook toegang tot die N1 snelweg."

Philippolis, Vrystaat

Kanon Guest House

"Philipolis is een van daardie mooi klein dorpies wat meeste mense mis ry. Beslis die moeite werd om ten minste een keer daar verby te gaan as jy nog nie daar was nie."

Bethulie, Vrystaat

Karoo Pandok

"Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen."

Clarens, Vrystaat

Accommodation @ The Spa

"Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie."

Parys, Vrystaat

Schilbach House

"Ek was baie teleurgesteld dat Mimosa Tuine se swembad ens. toegemaak het. Ek het oral in die dorp rondgevra maar niemand het geweet waar ek die kinders kon vat nie. Behalwe dat ek nie 'n swembad kon kry nie, is Parys 'n baie rustige, skoon en veilige dorpie. Perfek om weg te breek van die stad se gejaag!"

Blad
Blad 229 - Wys 6841 tot 6870
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang