Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.51 uit 5 gekry volgens 18521 resensies.
Susan E. - 5th May 2017
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Was die eerste keer in Gordonsbaai met verblyf, en het dit terdee geniet!
Michael H. - 5th May 2017
staying in Riversdal, Wes-Kaap
Baie oulike dorpie. Die restaurant by Die Dam/Kwekery was baie lekker.
Maranda B. - 5th May 2017
staying in Constantia, Wes-Kaap
The Green Restaurant is uitstekend! Boomryk en pragtig.
Hendrik V. - 5th May 2017
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie lekker dorp met baie goed om te doen.
Belinda C. - 5th May 2017
staying in Big Bay, Wes-Kaap
Pragtige plek.
Nina D. - 5th May 2017
staying in Malgas, Wes-Kaap
Baie rustig en tog baie om te doen, lieflike bymekaarkomplekke soos The Bush Pub en The Boat House. Sal dit definitief aanbeveel by vriende en familie.
Yvette R. - 5th May 2017
staying in Montagu, Wes-Kaap
Montagu is 'n pragtige dorpie. Heerlike restaurant, padstalle en koffiehuise om van te kies en te keur. Net 5 minute buite Montagu is 'n "animal sanctuary" wat lieflik is vir kinders. Saterdagoggend se markie op die dorp moet jy ook nie mis nie!
Nadia B. - 5th May 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Catch 22 restaurant het vir ons n smaakvolle, goed geprysde aandete gebied!
Michelle F. - 5th May 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Love Bloubergstrand. Such a special place to stay.
Chrisma C. - 5th May 2017
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Goeie area! Julle sien my beslis weer.
Alan S. - 5th May 2017
staying in George, Wes-Kaap
Great town. Has an airport and close to Wilderness, Sedgefield and other coastal spots.
Minnie R. - 4th May 2017
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Ons het die plaaslike museum besoek, foto's van die historiese geboue geneem en koffie in 'n oulike winkeltjie gedrink. Daar is baie mense wat swaarkry en bedel op straat. Ek sou nie graag in die aand die dorp besoek nie.
Girtie S. - 4th May 2017
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Love die dorpie en sy mense. Sou bitter graag permanent daar wou bly.
Christo I. - 4th May 2017
staying in Worcester, Wes-Kaap
Die instituut vir blindes is definitief n besoek werd - die handewerk wat die blindes doen is baie oulik en kreatief.
Magda V. - 4th May 2017
staying in De Rust, Wes-Kaap
Pragtige plekkie met sout van die aarde mense, so gasvry en vriendelik en baie behulpsaam.
Ivena B. - 4th May 2017
staying in Paarl, Wes-Kaap
Paarl is beautiful and the locals are friendly.
Estelle S. - 4th May 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Baie dinge om te doen in Hermanus. Goeie restaurante, lekker strande en paadjies om te stap langs die see, mooi winkeltjies, roetes vir hardloop, stap en fietsry in die natuur.
Hein S. - 4th May 2017
staying in Plattekloof, Wes-Kaap
Al lê Plattekloof naby die N1, is die area ryk aan groot bome wat die klanke van die hoofweg verbloem. Dit is 'n netjiese, skoon en stil woonbuurt. As toeristebestemming is dit 'n goeie area om saans uit te rus en te ontspan. Of jy nou die stad met al sy bekoorlikhede soos Tafelberg of die strande van Blouberg, die wynplase van Stellenbosch en die Paarl will besoek, of jou dae in Canal Walk wil deurbring, alles bly stapafstand.
Elbie E. - 4th May 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Pragtige plek, vriendelike mense.
Glenda W. - 4th May 2017
staying in Robertson, Wes-Kaap
Robertson is pragtig en daar is so baie om te sien en doen. Uit te kom uit stadsgewoel. Mense is vriendelik en behulpsaam en daar is niks wat jy nie kan kry wat jy benodig.
Alfonso V. - 4th May 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Dis 'n great dorpie met lekker eetplekke. Ek kom weer en sommer gou.
Frank V. - 4th May 2017
staying in Vanrhynsdorp, Wes-Kaap
Baie interessante klein dorpie. Is nogal nuuskierig om te weet hoekom hulle so groot korrektiewe eenheid in die middel van die dorp het. Kon wel uitvind dat dit meestal lyk na rehabilitasie en EBET-fasiliteite vir korrektiewe dienste. Aangenaam en skoon.
Justine G. - 4th May 2017
staying in Citrusdal, Wes-Kaap
There are plenty of places to stay in and around Citrusdal to explore the town and its beautiful country and mountain surroundings.
Karin F. - 4th May 2017
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort.
Magda L. - 4th May 2017
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Mooi.
Elvira L. - 4th May 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Die skoonste dorp wat ek in 'n baie lang tyd gesien het. Geen rommel en bedelaars nie. Die enigste negatiewe kommentaar is die ongeduldige motorbestuurders wat mens amper van die pad af wil ry as jy by die spoedgrens hou, en dit nogal in die woonbuurt.
Ilse-mari M. - 4th May 2017
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Perfek geleë en die beste uitsig oor Tafelberg.
Samuel P. - 4th May 2017
staying in Bredasdorp, Wes-Kaap
Baie netjies en rustig, beleefde mense.
Marieta J. - 4th May 2017
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Baie lekker plek.
Maartin T. - 4th May 2017
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Lekker eetplekke.
Annele S. - 4th May 2017
staying in Greyton, Wes-Kaap
Vir ons stadsjapies is Greyton 'n klein bietjie stil. As jy egter voor die tyd jou huiswerk doen sal jy egter weet daar is heerlike staproetes en uitstappies. Die stilte, dorpskultuur en wonderlike eetplekke is egter hoogs aan te beveel.
Franco C. - 4th May 2017
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Uitstekende gebied vir toeriste.
Amelia L. - 4th May 2017
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Pragtige natuurskoon, rustig - heerlike plek om van al die gewoel en stres ontslae te raak.
Laurika L. - 4th May 2017
staying in Groot-Brakrivier, Wes-Kaap
Dit het my hart gesteel ... wil nou so graag daar gaan bly.
Alanda N. - 4th May 2017
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Yzerfontein is pragtig en rustig.
Carla O. - 4th May 2017
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Lekker sentraal en vinnige toegang tot al die nodige winkels.
Nicolene M. - 4th May 2017
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Pragtige dorpie met alles binne jou bereik. Sal dit definitief weer en weer besoek.
Betsie F. - 4th May 2017
staying in De Rust, Wes-Kaap
Dis Rust(ig) daar!
Rudolph H. - 4th May 2017
staying in Rawsonville, Wes-Kaap
Melwierda Winery was wonderlik. Het daar 'n wynproe gedoen wat 2,5 uur geduur het. So goed was die gesels.
Anneke V. - 3rd May 2017
staying in Brackenfell, Wes-Kaap
Dit is baie sentraal geleë. 20 minute se ry na baie plekke.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za