Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Always beautiful: mountains, sea and wine farms. Cape Town has it all, and we were blessed with glorious weather."
"Die strand nie toeganklik vir swem. Sal die feite ongelukkig met ander deel wanneer enige persoon navraag doen rakende Kleinkrantz as moontlike vakansiebestemming."
"Strande wat toegang het om te swem is te ver geleë. As gas wat in George vakansie hou sal ek graag per voet toegang tot strande wil hê."
"My geboortedorp tot op 15-jarige ouderdom, gevolglik het Swellendam baie sentiment in my hart. Pragtige, skoon, outentieke dorp met ongelooflik baie waardevolle geskiedenis. In geheel is die dorp sowel as die geboue goed versorg en skoon. As toerismebestemming, hoogs aanbeveelbaar."
"Rustige dorpie. Lieflike stapplekke en die pikkewyne was 'n extra verrassing. Baie vriendelike locals."
"Uitstekende toeristebestemming net jammer dat sommige verblyfopsies nie instandgehou word nie."
"Pragtige dorpie. Ons sal beslis weer terugkom. Sentraal en maklik om al die ander kusdorpies te verken."
"Stunning village, beautiful flat beach and a breathtaking gallery, a must to go and see."
"Ontspanne en stil atmosfeer. Besonders skoon en word mooi instandgehou."
"Ek het groot geword in Robertson en ek sal nie Worcester kies as 'n toeristebestemming nie."
"Mens ry deur St. Helenabaai om by Britanniabaai te kom. Ek self sal nie in St. Helenabaai belê nie. Daar is baie aktiwiteit wat ek nie naby 'n residensiële rustigheid wil voeg nie. Britanniabaai is 'n baie beter opsie vir vakansie en aftrede."
"Tons to do in Swellendam. We need to go back to finish visiting all the attractions and enjoying the beautiful time."
"Lieflike vakansiedorpie - veral wanneer mens dit kombineer met bootry en visvang in die rivier/see! Interessante winkeltjies met die nodigste voorraad beskikbaar. Ons het 'n baie interessante lesing gehad deur Martin Fourie - mede-eienaar van die nuwe 'Spasie' Restaurant oor die herkoms van rum en ook hoe dit gedistilleer word ens. Ook het ons dikwels by Pili Pili Restaurant gekuier waar die bote vasmeer. Dit was lekker om by die Wolskuur Markie te kon rondsnuffel. Ons kuiertjie was ongelukkig te kort om nog by Anchorage Restaurant ook te kon uitkom. Witsand/Port Beaufort kan definitief aanbeveel word vir 'n vakansiebestemming."