Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.

Kaapstad, Wes-Kaap

Beach Daze

"Die Kaap is maar een van daardie plekke wat mens moet sien in jou leeftyd. Daar was vele wat mens kan doen in en om die Kaap. Was so dankbaar om te sien dat die gewilde bestemming vir buitelanders wel vir die Suid-Afrikaners afslag gee op vele van die goed wat mens kan doen."

Struisbaai, Wes-Kaap

Tides 4

"Stuisbaai lyk soos een van daardie dorpies wat nog nie deur almal ontdek was nie. Daar is natuurlik plekke soos die ou lighuis en dan ook die suidelikste punt van Afrika wat mens daar kan sien. 'Klippiesbaai' was vir ons 'n 'hidden gem' en sal mense aanbeveel om dit te gaan sien. Daar is ook 'n lekker perdrit wat geneem kan word wat jou tot op die strand neem. Daar is 'n lekker restaurant in die baai en die strande is mooi. Sal definitief dit aanbeveel vir so 'n paar dae as jy so deur na die Kaap wil reis."

Groot-Brakrivier, Wes-Kaap

Ilita Lodge

"Ons is so verbaas oor die toestand van die omgewing van die paaie en die netheid van die omgewing. Ons het veilig gevoel waar ons ook al rondbeweeg het. Dit is naby aan Mosselbaai en George en daar was veel om te doen. Ons gesin het dit geniet en sal dit voorstel."

St. Helenabaai, Wes-Kaap

Accommodation @ Sea Trader

"Was in 2016 daar met vakansie, en was verbaas oor die groei van die plek. Dit is 'n mooi plek, alhoewel ek mal is oor die Kaap, is enige plek mooi."

Kaapstad, Wes-Kaap

On The Beach at Strand

"Propvol avonture en plekke om te besigtig met 'n ryk geskiedenis."

Robertson, Wes-Kaap

Cellar1947

"Omgewing bied baie vir die naweek- en vakansieganger."

St. Helenabaai, Wes-Kaap

Forever Blue

"Die kalmte en rustigheid was beslis 'n bonus!"

Knysna, Wes-Kaap

Amber Guest Lodge

"Goeie vakansiedorp. Ek sal enigeen aanbeveel om Knysna te besoek. Ek persoonlik sal weer soontoe gaan."

Bettysbaai, Wes-Kaap

Cyara

"Dit is baie mooi, die vars lug en die omgewing doen wonders as jy 'n wegbreek soek. Bettiesbaai is die regte plek om net te ontspan en jou tydjie te geniet."

Nature's Valley, Wes-Kaap

Sea Why

"Ons besoek te kort maar strand lyk pragtig."

Kaapstad, Wes-Kaap

Atlantic Dream Beachfront Villa

"Scarborough is 'n heerlike vakansiebestemming. Besoek ook Simonstad en Berthas Restaurant in die hawe."

Hermanus, Wes-Kaap

Sandbaai Woonstel

"Mooi en skoon, vriendelike dorp. Alles wat nodig is, is beskikbaar."

Struisbaai, Wes-Kaap

Cape Agulhas Guest House

"Ligging is puik en naby alles. Na opgradering sal dit hoogs aanbeveelbaar wees."

Clanwilliam, Wes-Kaap

Clanwilliam Hills Dam House and Flat

"Mooi omgewing met vriendelike mense."

Groot-Brakrivier, Wes-Kaap

Kontrei BB

"Pragtige skoon dorp en vriendelike mense!"

Mosselbaai, Wes-Kaap

La Palma 3

"Fantasties om daar vakansie te hou."

Kaapstad, Wes-Kaap

On The Beach at Strand

"Perfect getaway place for everyone."

Witsand, Wes-Kaap

@ The Whales

"Witsand is bekend aan ons, aangesien ons 'n paar keer daar gekuier het. Dis rustig en stil. Die winkels voldoen aan behoeftes en jy kan heerlik eet by die restaurant."

Mosselbaai, Wes-Kaap

Anita's Self-catering

"Verblyf oor die algemeen 'n bietjie duur vir ou mense."

Stellenbosch, Wes-Kaap

LovanE Boutique Wine Estate & Guest House

"Te min tyd vir alles om te besoek. Sou graag meer tyd daar wou spandeer. Die berge en die wynplase het my hart gesteel."

Paarl, Wes-Kaap

Autumn Lane

"Kan nie wag vir ons volgende kuier nie."

Kaapstad, Wes-Kaap

52 on Fish Hoek

"Second to none! Simply the best!"

Stellenbosch, Wes-Kaap

Magnolia Place Stellenbosch Guest House

"'n Miernes met opening van universiteit. Dit is 'n pragtige omgewing en beslis 'n besoek werd!"

Struisbaai, Wes-Kaap

Blue Whale

"Breathtakingly beautiful."

Groot-Brakrivier, Wes-Kaap

Oppi See

"Heerlike oop strand en meer. Genoeg plek vir almal."

Hermanus, Wes-Kaap

Seagull Apartment

"Daar is nie baie dinge wat mens kan doen anders as om langs die seefront te loop en winkels te besigtig nie. Dit hang ook af watter tyd van die jaar jy gaan."

Nature's Valley, Wes-Kaap

Sea Why

"Nature's Valley is sentraal aan meeste toeriste-aantreklikhede. Definitief 'n bucket list plekkie."

Blad
Blad 414 - Wys 12391 tot 12420
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang