Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5311 resensies.
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Rose Acres Guest House"Was aangenaam verras om oral in Afrikaans bedien te word, 'n plek waarheen ons gereeld sal na terugkeer."
Garsfontein, Ontsnap Uit Johannesburg
Greenwoods Selfsorg"Baie netjies en word goed in stand gehou."
Rustenburg, Ontsnap Uit Johannesburg
Rusties Lodge"Daar is baie mooi en ou gebeur en ek hoop hulle sal dit bewaar."
Die Bult, Ontsnap Uit Johannesburg
Melrose Place Guest Rooms"Nice area with OK Foods and Spar not far from where we stayed. "
Bethlehem, Ontsnap Uit Johannesburg
Pandora's Guesthouse"Bethlehem is n mooi ou dorp of stad wat die gewone stadsgeriewe lewer aan die rand van die Drakensberge. Dit is binne korte afstand van die pragtige Clarens dorpie. Bethlehem self se infrastruktuur is swak onderhou soos baie ander dorpe in Suid Afrika. Die paaie is swak, veral die N5 is teleurstellend. Die mall is goed voorsien van winkels, maar daar is geen flieks nie. Verder is Bethlehem 'n mooi vertrekpunt om die dorpe in die omgewing te verken."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
The Danes on Vaal"Positive, vibrant and lively community. An example for other towns. "
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Out of Africa Lodge"Baie dinge om te doen, die Animal and Snake Park is netjies en dit is regtig die moeite werd vir 'n lekker gesinsuitstappie. Die dam en berge bly mooi. Baie restaurante om uit te probeer. "
Vaal Marina, Ontsnap Uit Johannesburg
Sunset Cove Sensation"Visvangarea op selfde plek as bote. Bietjie moeilik. Ablusie by dam en visvangarea sal aanwins wees. Dorpie oulik kort net 'n beter keuse van supermark."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Stumble Inn Game Lodge"Baie mooi omgewing, maar daar kan heelwat meer wild ingesit word. "
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Cottage 1 @ African Olive Country Estate"Love all the shops. Stunning place to visit."
Boshoek, Ontsnap Uit Johannesburg
Gatz Guest House"Boshoek self is 'n klein dorpie waardeur mens ry op pad na Sun City en Pilanesberg."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Tussen-I-Bome Guest Farm"Dis wonderlik om die leeus te kan hoor van tyd tot tyd. Pragtige area."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"Wildsrit word aanbeveel om die Groot 5 te kan sien."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Le Grand Chateau"Lekker ontspanne plek vir 'n naweek se ontspan en winkeltjies te kies en te keur."
Schoemansville, Ontsnap Uit Johannesburg
Kassaboera Lodge"Netjiese, rustige omgewing met alle nodige winkels binne maklike bereik."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Rooibank"Ons dink regtig dat daar bietjie ander roetes weer oopgestel moet word vir die self drive, veral nou na 'n reën-seisoen, al die normale paaie wat oopgestel was, was die wild onbesigtigbaar uit 'n normale voertuig a.g.v die lang gras. Ek verstaan ook dat sommige paaie nie meer geskik is vir normale voertuie en daarom kan daardie ook gemerk word vir die 4x4-roetes. Ons is besoek Dinokeng gereeld en verkies geen ander wegbreek vakansieplekke, maar voel net dat daar dalk 2 keer 'n jaar 'n roete veranderings kan plaasvind vir wildbesigting om almal 'n gelyke kans te kan gee om ons natuurbewaring te kan geniet. Ek wil ook versoek dat daar dalk n skoonmaaksessie van stapel gestuur kan word, ek het begrip dit verg man power en geld, daar is oneindig baie geroeste drade, pale, dromme ens wat rond lê, diere kan hul baie maklik beseer. Soos die zebra bul wat ons op een van ons vroegoggendroetes alleen huppelend gekry het wat vermoedelik sy voor been oopgesny het met iets daai been het al begin vrot. Ek verstaan ook dis natuur en ons moet nie inmeng, maar as die oorsaak mens verwant is dink ek moet ons ons plig doen en omsien dat ons diere nie beswyk aan ons doen en late nie. Dankie vir jul harde werk met ons bewaring van natuurlewe sien jul binne kort weer."
Ben Fleur, Ontsnap Uit Johannesburg
Kalahari Guest House"Die verkeer was 'n bietjie besig in daardie omgewing."
Menlo Park, Ontsnap Uit Johannesburg
3rd Street Cottage"Alles bymekaar. Eetplekke, inkopies en vermaak in 'n neutedop."
Die Bult, Ontsnap Uit Johannesburg
Dream Stop Guest Rooms"Voedselwinkels is maklik bereikbaar, verder was daar nie 'n behoefte om ander winkels te besoek nie aangesien ons net oornag het."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Roratau Tented Bush Camp"Die brul van leeus, die lag van hiënas en roep van 'n jakkals vul mens met 'n oer-verlange. "
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"Baie lekker wegbreek naweek en naby Pretoria, maar as jy soontoe gaan om die Groot 5 te sien sal ek eerder die Krugerwildtuin aanbeveel. Die bedrag wat jy moet betaal om deur Dinokeng te ry is ook bietjie baie plus nog R40 per persoon. "