Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
Mossel Bay Central, Garden Route
Bay Vista Guesthouse"Was net bekommerd oor ons motor in die straat geparkeer moes staan. Maar Johan het ons verseker dat hy enige ongewenste gaste sou laat spaander. Miskien kan julle dalk net voorsiening maak vir veiliger parkering om gaste meer gerus te laat voel. "
"Is aangenaam verras deur die middedorp, beskikbaarheid van dienste en min verkeer."
"The aquarium was a bit disappointing, think they can improve on that. It is not about the fee, but what you see."
"Het die res van my verblyf in De Branders geniet. Hartenbos bly die beste vakansie plek mits jy die regte verblyf kry. Die opgradering van Hartenbos is uitstekend. "
"Dit is 'n baie veilige en rustige plek om tuis te gaan. Daar is baie om te sien en te doen. Die strand en winkels is baie naby. My man kon met gemak die Island in sy rolstoel besigtig. Die paaie is veilig en rolstoelvriendelik. Sal dit beslis weer besoek. "
"Akkommodasie tariewe vir plaaslike toerisme is billik, maar memorabilia is buitesporig duur vir plaaslike toerisme."
"Oudtshoorn is een van ons gunstelling vakansiebestemmings in SA. Ons kan aan enigeiemand aanbeveel om die volgende plekke te besoek: Mount Noah Lodge, The Black Swan Restaurant & Wine Bar, Nostalgie (beste Volstruis Burgers in die dorp) asook Safari Ostrich Farm. "
"Nie veel om te doen nie, behalwe as jy 'n hengelaar is. Ver van naaste dorp. Pragtige natuurskoon en veilig plek vir wandelings."
"Hartenbos is 'n wonderlike plek met ongelooflik baie dinge om te doen en te sien en baie gerieflik met al die nodige plekke en fasiliteite beskikbaar en dit dan ook loopafstand. Ek sal vir seker weer en weer teruggaan soontoe."
"Jongensfontein is 'n ongelooflike plek. Komplimente vir die bestuur van Jongensfontein wat dit in so 'n netjiese en skoon plek hou."
"Die mense hier is plat op die aarde, goeie, vriendelike, meestal Afrikaanse mense. Jy gaan Pick 'n Pay toe en daar kry jy 'n vreemdeling in die ry en julle begin gesels soos ou vriende. "
"Myoli Beach is a beautiful place. Unfortunately during the time of our visit a young Danish girl went missing from right in front the backpackers on Myoli Beach. When looking at the circumstances and the area, one cannot but fear the worst outcome."
"Ons het vir baie jare Hartenbos besoek toe ons kinders nog in die laerskool was. Die veranderings wat sedertdien aangebring is, is uitstekend. Sover ons kon vasstel was dit steeds veilig, 'n aspek wat deesdae 'n vereiste vir vakansiegangers is."
"Ons verkies Stilbaai-Wes. Lieflike strand en baie dekor winkeltjies en eetplekke naby."