Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36612 resensies.
"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."
"Daar is baie om te sien en te doen en is 'n baie mooi deel van ons land."
"Maklik bereikbaar, veral met die besige verkeer in Kaapstad. Die ligging is sentraal en ideaal vir mense wat die hele skiereiland en omliggende areas wil verken. 'n Heerlike strand vir 'n verskeidenheid van wateraktiwiteite."
"Baie oulike outydse dorpie met baie aktiwiteite om as gesin saam te doen en dit is nie vêr uit mekaar uit nie. Baie beïndruk met die wegbreek Oudtshoorn toe."
"Ons was verras hoeveel van die ouwêreldse kusdorpie sjarme nog hier behoue gebly het."
"'n Goeie naweek wegbreek vir individue uit die stad. Dorp is baie rustig met min lawaai of verkeer. 'n Paar oulike winkels in Harbour rd. Sal definitief weer 'n draai kom maak."
"Robertson is 'n ongelooflike mooi dorp en die omliggende wynplase maak dit 'n droomvakansie. Dit is ook naby genoeg aan Struisbaai vir 'n daggie by die see of Worcester indien die winkels jou roep. "
"Die regte bestemming as jy die natuur wil beleef en wegkom van die stad. Ongelooflike mooi see en veilige strand ervaring."
"Daar is wraggies alles wat 'n mens kan wil benodig in daai dorpie."
"Het 'n gevoel van absolute veiligheid ervaar. Kon laataand afstap na die see toe."
"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."