Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Die dorp is maar omgekrap, maar gelukkig is Biffies Cottages aan die noordekant van die dorp geleë. Dit was een van ons oorwegende besluite."
"Roberg Nature Reserve se staproete is soos 'n Avatar-movie. Ongelooflik mooi!"
"Nie eintlik tyd gehad om die dorpie te leer ken nie. Maar oulike ou huisies. Vir ons was dit maar net 'n deurry-dorpie, maar ek is seker die wat vir 'n dag langer wil bly sal dit geniet."
"Te veel rommel en vullis in strate. Te veel gate in paaie. Die dorp kom slordig voor en lyk nie of daar enige munisipale dienste is nie."
"Uitstekende plek om orals rond te beweeg. Verkeer vloeiend op roetes. Plekke nie ver van mekaar nie en pragtige uitsigte. "
"Tipiese plattelandse dorpie. Lekker geëet by die Samoa Hotel se De Kaggel restaurant en Lategan's slaghuis verkoop die lekkerste vleis, biltong en droëwors."
"Mooi omgewing. Net jammer dat daar baie papiere en plastiese sakkies langs die strate lê. Verder is dit 'n lekker plek."
"Ons het nogal die verkeer as stresvol ervaar omdat ons uit 'n rustige Plettenbergbaai-omgewing kom."
"Teleurstellend om plakkerskampe oral op hoofweë te sien. Dis regtig 'n seer oog."
"Ideal for fishing and eating out, beautiful sea views. "
"Lief Prins Albert! Ons stap die dorpie plat en ontdek elke keer iets nuuts. Baie om te sien en te doen!"