Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Mooi skoon stad met goeie pad-infrastruktuur alhoewel ons 'n verskil sien sedert 3 jaar terug. Beslis een van die mooiste plekke in Suid-Afrika."
"Die nasionale park is mooi en interressant. Dit sou beter wees saam met ouer kinders - die kleintjies raak te gou warm en onrustig."
"Hou jaarliks daar vakansie. Baie veilig vir gesinsvakansies en gemoedsrus vir ouers met kinders. Kan net lof praat oor dienste van munisipaliteit en veiligheidsdienste. Dankie daarvoor."
"Kunsgalery besoek asook wynproe en kaasbord by Stettyn was uitstekend en kan aanbeveel."
"Ons het die restaurant La Parilla oorkant die Hotel baie geniet. Uitstekende kos, atmosfeer en diens."
"Altyd lekker om in Kaapstad en omgewing te kuier - fantasties."
"Pragtige, boomryke, skoon dorp met mooi parke. En al is die verkeer soms druk, vloei dit tog goed en vinnig. Moet net 'n veertjie in die hoed sit van Palm Tyres wat uiters flink en vriendelik was om 'n pap band te herstel. Dankie George - hoop om julle gou weer te sien."
"So lovely to see the tourists back - the town was buzzing and we had a great time."
"Onverwagte verrassing! Nooit gedink Albertinia is so 'n oulike dorp nie. Altyd net daar verby gery. Doen jouself 'n guns en ry 'n slag in Albertinia in, jy sal verbaas wees oor hoe oulik die dorpie is."
"Was te kort daar om rond te beweeg, maar een, maksimum twee nagte, sal vir my genoeg wees."
"Pragtige plekkie, skoon en veilig met vriendelike mense."