Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"It's a great place to stay and I'll always be coming back to Knysna with my family."
"'n Moet om te besoek. Skoon, vriendelike dorp met vreeslike behulpsame mense. Baie om te sien."
"As jy hou daarvan om plattelandse dorpies te besoek dan is hierdie dorpie 'n juweel."
"Dis 'n juweel van 'n dorp met 'n geskiedenis wat oor eeue strek. Ons sou graag meer plekke wou besoek, maar die tyd was te min. Ons het heerlik in die dorp gestap en al die geskiekundige geboue van buite beskou en afgeneem. Ons het ook afdraai paaie geneem en die pragtige omgewing bewonder. Dis 'n mooi, skoon dorp. Dis beslis 'n besoek werd."
"Netjiese dorp en as jy gholfspeel of van die natuur hou, is dit die plek."
"Stunning little village, a come back to place as it has charm and all the features you would expect but it comes with a slightly higher price tag due to this also."
"Wonderlike dorp, sal enige tyd weer gaan! So goed onderhou en lyk versorg met liefde!"
"Bonnievale is a lovely getaway from the city. It's small, quiet and surrounded by farms."
"Mosselbaai is nie verniet die nommer-een-munisipaliteit in die land nie. Met eerste oog opslag is dit duidelik. Alles werk. Alles is skoon. Daar is geen slaggate nie. Strande en openbare geriewe word behoorlik instand gehou en is skoon. Die verskeidenheid van toerisme aantreklikhede oortref ander plekke in Tuinroete. Mosselbaai is hoogste op my lys as dit by toeristebestemmings in SA kom."
"Skoon en netjiese dorp, vriendelike en behulpsame mense by al die winkels en restaurante."
"Pragtige dorpie met lekker snuffelwinkels, klein koffiewinkeks, bakkerye, wynproeplekke, ens. Grottostrand is ideaal vir 'n lekker dag op die strand."
"Pragtige historiese dorp. Wil graag langer kuier en meer leer. Die mense is vriendelik en gasvry."
"Ek is van die Weskus en St Helenabaai sal altyd een van my gunsteling bestemmings bly. As jy 'n wegbreek soek van die stadslewe is St Helenabaai 'n goeie opsie. Die mense is vriendelik en daar is baie akkommodasie waar jy kan ontspan of jy kan ook net gaan vir 'n dag by die see. Die strand is glad nie vol nie."
"By die Hungry Monk/Lobster Pot bar het die kelners mekaar kliphard gevloek aanhoudend. Swak diens en baie onprofessioneel."