Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Die tuine was asemrowend mooi met al die blommetjies gewees en die hoeveelheid kokerbome in die tuine was pragtig. Loeriesfontein se mense is baie bedagsaam en vriendelik."
"Lieflike dorp met pragtige natuurskoon in blommeseisoen. Omring deur berge waar jy kan gaan stap sonder enige veiligheidbekommernisse. Kon pragtige foto's neem."
"Slegs vir oorslaap. Die dorpie is maar baie klein. Die natuur is pragtig met al die berge en veldblomme."
"Ons was verras deur die grootte en mooiheid van die dorp. Ons was nog nooit voorheen daar deur nie."
"It is a great stay over place if you like to be remote, and are not finicky about luxuries. I bought some Wi-Fi data, and what a surprise. I will anytime recommend Soebatsfontein to family and friends."
"Well worth a visit. It's a bit further than we wanted to travel from Cape Town and chose it because there was pet-friendly accommodation available at the time. But I'm very happy that we stayed there. I especially enjoyed the Museum, with the old artefacts, implements, household goods, clothing and other exhibits showing the early settlers way of life - not forgetting the windmills."
"Tipiese plattelandse dorp met 'n verskil dat dit die pragtige Oranjerivier by het. "
"Sal weer daar gaan bly net bietjie langer volgende keer. Mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Sorg net dat jy genoeg brandstof het om op die volgende dorp te kom. Daar is net sekere tye brandstof beskikbaar op Vosburg. Baie klein dorpie, maar so rustig en veilig."
"Tipiese ou Weskus-vissersdorpie. Baie rustig en mooi strand. Goeie plek om te bly as jy Namaqualand National Park wil besoek."
"Dorp is verwaarloos. Lam is skaamteloos duur. Het potensiaal, die Apollo-teater 'n moet sien. Interessante argitektuur."
"Springbok is sentraal geleë in die Noord-Kaap en die blomme-ervaring moet daar in die Noorde begin. Maak gerus gebruik van plaaslike toere of uitstappies om die omgewing te verken."