Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3698 resensies.
David M. - 13th December 2015
staying in Upington, Noord-Kaap
Vriendelike plek, baie warm, sal weer daar kuier.
Leilani P. - 12th December 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ideale "pitstop" op pad Kaap toe.
Trudy R. - 12th December 2015
staying in Douglas, Noord-Kaap
Kan daar nie meer gemaak word van plekke soos die Neus waar die Oranje- en Vaalriviere saamvloei nie? Dis verwaarloos! En daar is nie eens 'n bordjie wat wys waar die begraafplaas is nie en dis boonop totaal onversorgd.
Yolandi R. - 11th December 2015
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Skoon en rustige dorp. Mooi omgewing.
Harry D. - 8th December 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Colesberg is mooi halfpad op pad na die Kaap en 'n goeie rusplek voor jy verder reis Kaapstad toe of Gauteng toe.
Marie-therese L. - 7th December 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Hoewel Colesberg vir meeste reisigers net 'n oornagbestemming is, het die dorp 'n vriendelike gemeenskap en interessante aantreklikhede, veral vir geskiedenisliefhebbers.
Claudine P. - 7th December 2015
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Rustige plek om te gaan ontspan - wegbreeknaweek.
Lisa C. - 6th December 2015
staying in Labram , Noord-Kaap
Goed geleë. Naby als, daar is baie om te sien. Ons het 'n hele oggend by die 'groot gat' en myndorpie spandeer. Lekker daar geëet en baie fotos geneem. Die flaminke by Kamferdam is 'n belewenis. Gesukkel om van die plekke te kry. Van die GPS koordinate op Kimberley toeristekaart is verkeerd.
Me'lies S. - 4th December 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Het verblyf gekry by Toverberg. Gulhartige verwelkoming, lieflike skoon - spierwit beddegoed, lugreëling, veilige parkering kon met gemoedsrus 'n goeie nagrus hê. Heerlik uitgerus en volgende oggend vertrek.
Gene V. - 3rd December 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Goed geleë.
Johan V. - 3rd December 2015
staying in Upington, Noord-Kaap
Dit is jammer dat die pragtige eiland nie eers 'n restaurant of 'n koffie winkel het nie.
Jan V. - 2nd December 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
Beslis 'n dorpie wat jou sal verras en die moeite werd is om te besoek. Dit gee mens 'n goeie indruk van die Namakwa oor die algemeen.
Johan V. - 1st December 2015
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Sluit die hekke vir dagbesoekers later as 18h00 in die somer maande asb.
Pieter S. - 29th November 2015
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Pragtige sterre!
Valerie K. - 29th November 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Lieflike Klein Karoo dorpie, met vriendelike mense.
Theo S. - 28th November 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dit is te klein om iets te doen, maar dis 'n goeie halfwegstop as jy ver reis.
Dirk C. - 27th November 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Net deurgery en oornag.
Hennie L. - 24th November 2015
staying in Britstown, Noord-Kaap
Rustige dorpie.
Riaan S. - 24th November 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die Plattelander is 'n great eetplek in die dorp.
Anton V. - 23rd November 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie mooi plek.
Dawid F. - 23rd November 2015
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Was geweldig beïndruk deur die vriendelike ontvangs by al die besighede waarby ons betrokke was. Die behulpsaamheid van die werkers het my werklik beïndruk.
Anton V. - 17th November 2015
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Dit was my eerst keer, sal dit weer besoek.
Helene H. - 16th November 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dit is 'n baie stil dorp. As jy weg wil kom van alles en almal, sal dit die plek wees.
Kim B. - 15th November 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ons het van die eetplekke geskakel om kos te bestel en geen antwoord die Sondagmiddag tot die aand gekry nie. Jy is moeg van die aanmekaar ry, en wil nie nog op en af ry opsoek na kos nie, veral as jy nog bejaard is. Stedelinge is bederf en gewoond aan diens op Sondae by eetplekke. KFC se diens het daarvoor vergoed.
Willie D. - 13th November 2015
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Rustige dorpie.
Doep D. - 13th November 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Goeie halfpad-bestemming as jy ver ry.
Helen L. - 12th November 2015
staying in Britstown, Noord-Kaap
Die omgewing is pragtig.
Erna S. - 8th November 2015
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Ons het weer die Hantamhuisie met al sy oudhede gaan besoek.
Hazel G. - 5th November 2015
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Keimoes is the place to be , it's a very nice place.
Willette F. - 4th November 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Eerste besoek aan Colesburg. Ons het padaanwysings gevra na die plaaslike museum, die man het hom self voorgestel as 'n ene Ernie wat n motorherstel besigheid besit. Hy het gevra ons moet asb saam hom stap as ons hou van outentieke goed. Dit was vir ons net een te veel want waar kry mens nog sulke gasvrye mense. Wat ons daar gesien het was al klaar n stap in die verlede. Ons het dit opreg waardeer dat hy sy plekkie waar hy hordes oudhede bewaar met ons gedeel het. Die meeste mense is vriendelik en groet mens of hulle ons ken. Beveel mense aan om oor te slaap in Colesberg.
Ronellé M. - 31st October 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die boerbokke wat so in die strate loop was vir my te skattig. Die winkels is gerieflik naby geleë aan Chrizaan.
Riette B. - 29th October 2015
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Wonderlike plek.
Margaret V. - 28th October 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Lekker oorslaap op terugreis van Stilbaai.
Cecilia O. - 27th October 2015
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Besienswaardighede was die moeite werd.
Susan J. - 27th October 2015
staying in Blydeville, Noord-Kaap
Safe and quiet area.
Danel L. - 27th October 2015
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Kamieskroon is mooi, stil en rustig met die vriendelikste mense!
Vicky G. - 27th October 2015
staying in Sutherland, Noord-Kaap
A truly memorable experience: an informative visit to SALT; a wonderful meal at one of the local restaurants; and star gazing - what more could we ask for?
Carel V. - 27th October 2015
staying in Hanover, Noord-Kaap
Die bedelaars bly 'n problem omdat ons hou van loop. As 'n bestemming is daar besoekpunte nodig soos sportfasiliteite, vermaak, winkels, geskiedenis. Dis net die laaste wat in oormaat is maar beter aangebied kan word. Maak nie saak nie, ek sal weer kom!
Elzabe P. - 23rd October 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
In Blommetyd is die plekkie sentraal en goed geleë. Het die dorp baie geniet.
Jasper F. - 22nd October 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
Fantastiese dorp omring met mooi berge.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]