Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Daar is niks te doen nie. Dit is perfek vir 'n oornagplek tussen Potchefstroom en Kaapstad."
"Its extremely hot, so be prepared to leave your accommodation just before 07h00am and return by 10h00am. There are limited activities around the area. Most places require 4x4 vehicle."
"Kamieskroon het 'n unieke bekoorlikheid, maar dit is iets wat nie almal kan waardeer nie. Die rustigheid en eenvoud kan mense onkant vang, veral as hulle op soek is na dinge om te doen. Kinders en tieners oor die algemeen soek na meer as net rustigheid en stilte, veral saans."
"Dit is gerieflik naby die Augrabies-valle, waar ons in elk geval nie blyplek kon kry nie. Die eenheid is eenkant en bied 'n redelike mate van privaatheid. Die omgewing is baie stil, en die geroep van die gevlekte ooruile teen skemeraand was 'n belewenis. Klein miertjies was 'n lastigheid, maar nie te ernstig nie."
"Kathu was tien of wat jare gelede 'n aangename, stil dorpie. Die uitbreidings as gevolg van die mynbou-ontploffing die afgelope amper tien jaar het dit vir my bederf."
"The town are so lovely and clean. Town are very quite and few people we saw are very friendly."
"Vir die tyd wat ek daar besoek gedoen het was Augrabies in vloed, 'n groot hoogtepunt. Besoek ook die park met al sy uitkykplekke, Moonrock is ook 'n moet. Ander tipe wêreld met eie identiteit."
"Die klein Karoodorpie is seker die rustigste en skoonste dorp in die Karoo. Dit kom altyd voor of die mense van Vosburg weet waaroor die lewe eintlik gaan en dit ook daarvolgens lewe."
"Colesberg is helaas vir my nie veel meer as 'n stopplek vir mense wat heen en weer tussen die Kaap en die Noorde ry nie. Ek was te moeg na 'n dag se gery om die skaaptjops te gaan soek waarvan mense my vertel het."