Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Te veel om te sien en te doen in 'n kort tydjie - sal weer terug wees."
"Dit is 'n baie rustige dorp, mense ook baie vriendelik. Dit is 'n goeie plek om jou moeë liggaam te rus. Ons sal terugkom."
"Dis 'n baie lekker vakansieplek, als is skoon en winkels binne paar minute se ry. Dit was my eerste keer daar, maar dit sal beslis nie my laaste keer wees nie."
"So baie verborge paadjies wat wag om verken te word. Wildernis doen sy naam gestand."
"Pragtige boomryke woonbuurt teen die berge in George. Sentraal geleë naby sakekern. Naby is daar teen die berg voetslaanpaaie en ook om met fietse oor die berg te ry Heroldsbaai toe as jy so sou wou."
"'n Pragtige dorp en omgewing met foto mooi rivier en see tonele. Vriendelike, bedagsame inwoners. Beslis die entjie se ry vanaf die N2 werd!"
"Oudtshoorn het baie om te bied vir toeriste. Dis 'n pragtige area en die natuurskoon is asemrowend. Die dorp is baie skoon en al die mense is baie vriendelik."
"Dit is seker een van die skoonste, vriendelikste dorpe in ons land, ons sal enige tyd terug gaan daarheen."
"Baie van die aangrensende dorpe gehou, Wildernis, Sedgefield en Plettenberg bay - Knysna moet kyk na straatverkeer en instandhouding van strate, sommige van die verkeervloei-hindernisse op straat is te hoog vir lae profiel voertuie."
"Oudtshoorn is in 'n pragtige streek geleë in ons land en daar kan regtig baie geleenthede wees vir toeriste wat van die natuur en sy prag wil geniet."
"Knysna is 'n pragtige vakansiebestemming. Ongelukkig is dit maar 'n duur vakansieplek. Etes in die restaurante is van goeie gehalte en ons het redelik veilig gevoel in die tyd wat ons daar was. Parkeerplek is maar skaars in die dorp, selfs langs die strate wat baie smal is. Verder is dit 'n pragtige plek. "