Geverifieerde Resensie

Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.

Oudtshoorn, Tuinroete

Old Mill Lodge & Restaurant

"Moet nie die laaste naweek van die maand jou besoek daar beplan nie. Dorp is dan oorlopens vol en vuil. Mense vertrap jou en maak die kuiertjie nie so lekker nie. "

Riversdal, Tuinroete

Oakhurst Guest House

"Dit is 'n netjiese dorp met vriendelike mense. Mooi natuurskoon en berge en besienswaardighede binne ry-afstand."

Hartenbos, Tuinroete

Treklaer Lodge

"Met die nuwe ontwikkeling, wil dit voorkom of daar nie werklik 'n einde in sig is nie. Daar is nog baie werk wat gedoen moet word en wat 'n jammerte dat daar reeds onderhoud gedoen word aan struktuur wat nie eers 'n jaar oud is nie."

Stilbaai, Tuinroete

Muir Holiday Apartments

"Goeie ontvangs en diens by twee restaurant waar ons geëet het. Mense is vriendelik en behulpsaam oor die algemeen."

Stilbaai, Tuinroete

Wag-'n-Bietjie

"Beste eetplek is "On the Rock"... Die kos en diens is uitstekend."

Hartenbos, Tuinroete

Suidersee, Hartenbos

"As familie, is Hartenbos die beste verblyf regdeur die jaar."

Hartenbos, Tuinroete

Lagoonette

"Miskien beter pad tekens. baie mense het hul doodgesoek na die warm swembad. As jy nie die dorp ken nie, sukkel jy nogal, en moet ander mense vra."

Hartenbos, Tuinroete

Riviera Suite 18

"Rustige dorpie met baie fasiliteite. Hope winkel sentrums."

Riversdal, Tuinroete

Meurant

"Pragtige roete tot daar. Rustige klein dorpie."

Wildernis, Tuinroete

Views Boutique Hotel and Spa

"Pomodoros se pizza is die beste ooit!"

Hartenbos, Tuinroete

Riviera Suite 18

"Ons lief Hartenbos!"

Witsand, Tuinroete

Barnacles

"Om verseker 'n draai by Pili Pili restaurant te maak en om 'n uur of twee op 'n bankie by die hoofstrand stil te sit en die baljarende walvisse dop te hou! Asemrowend! Die Breederivier is ongelooflik mooi. Witsand is 'n besonderse destinasie om te ontspan."

Voorbaai, Tuinroete

Diaz Hotel and Resort

"Lekker strande en goeie swemplek."

Hartenbos, Tuinroete

Ans se Plek

"Dis pragtig en die mense is vriendelik."

Wildernis, Tuinroete

Whales Way Ocean Retreat

"Pragtige rustige dorpie, naby alles."

Theseneiland, Tuinroete

Thesen Islands Penthouse

"Great destination and apartment well situated."

Riversdal, Tuinroete

Meurant

"Riversdal is 'n oulike dorpie, en meer van 'n pit stop dorpie. Daar is nie veel om te doen in die dorp nie, maar liefs in die omringende areas, maar dit was rustig en gepas vir ons, en ons doel vir die naweek. Dit was lekker om weg te breek van die stad en bietjie stilte te kom soek. En die dorp is veilig."

Wildernis, Tuinroete

The Loerie's View

"Ons het al voorheen by Wildernis gebly en het daarom weer daar bespreek. Die 4 ster was net nie wat ons verwag het nie. Ons vorige ervarings was uitmuntend, asook al die eetplekke wat ons besoek het."

Oudtshoorn, Tuinroete

Oakdene Guest House

"Pragtige omgewing met baie interessante dinge om te doen en te sien."

Hartenbos, Tuinroete

Hartenbos Landgoed 80

"Lekkerste vakansie bestemming."

Hartenbos, Tuinroete

De Branders Nr 48

"Ons geniet dit om in Hartenbos vakansie te hou aangesien ons lekker kan stap sonder om oor ons veiligheid bekommerd te wees. Die walvisse was net min vanjaar, maar dis nie Hartenbos se skuld nie."

Heroldsbaai, Tuinroete

Danke Ma

"Die baai self is 'n pragtige plek, sal vir enige een aanbeveel om te gaan draai op die strand."

Mosselbaai, Tuinroete

Melkhoutkloof Guest House

"Daar is baie om te sien en te doen en is 'n baie mooi deel van ons land."

Oudtshoorn, Tuinroete

21OnKleinKaroo

"Baie oulike outydse dorpie met baie aktiwiteite om as gesin saam te doen en dit is nie vêr uit mekaar uit nie. Baie beïndruk met die wegbreek Oudtshoorn toe."

Hartenbos, Tuinroete

Hartenbos Accommodation

"Mooi plek, sal beslis weer daarheen gaan. Sommer gou weer."

Hartenbos, Tuinroete

De Branders Nr 48

"As oud Mosselbaaier, sal Hartenbos my altyd na aan die hart bly. Baie sentraal, jy kan lekker dag uitstappies na naburige dorpe hê."

Plettenbergbaai, Tuinroete

Mandalay Guest House

"Een van ons land se mooiste plekke."

Blad
Blad 273 - Wys 8161 tot 8190
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang