Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9575 resensies.
"Baie lekker maar ek weet dat dit te besig word oor Kersfeestyd. Die slaghuis se Blombos-boerewors is 'n moet. Ons het nog gaan koop om huis toe te neem. "
"Don't miss out on a visit to Kontrei Kombuis for the best "roosterkoek" ever! "
"Asemrowend mooi. Plekkies om 'n draai te moet maak is "The Fork and Train, Kraai4Braai en Sea Gypsy. Dit was regtig die tyd en geld werd om daarheen te gaan."
"Jy moet lief wees vir die natuur, son en buitelewe om hierdie juweel opreg te kan waardeer."
"Dit is seker een van die mooiste strande in Suid Afrika!. Uitstekend vir visvang, nog meer geskik vir lekker lang ente se stap en sekerlik baie geskik vir swem saam met die kinders!!"
"Sedgefield is a very quiet and adoring little town ,if you want to relax its definitely the perfect place. For the adventurer in you it's a bit far from everything as you have to drive everywhere."
"Wilderness is an awesome place with great people and the views are just amazing! t is located in the center, between George and Knysna and that's another awesome factor! It is very convenient and offers easy access to beaches and there is plenty of activities for everyone."
"Hartenbos is 'n baie lekker plek om vakansie by te hou, ek kon my lag nie inhou vir al die snaakse winkelname. Die mense daar is baie vriendelik en dit is baie veilig."
"Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel."
"Danabaai is 'n lieflike dorp as jy net wil ontspan maar tog ook naby genoeg aan ander groter dorpe as jy bietjie wil rondry en dinge gaan doen. "
"Ken Plettenbergbaai baie goed. Het jare in Natures Valley vakansie gehou, dink dis een van die mooiste plekke met goeie weer en baie sentraal om te bly en ander plekke rondom te besoek. Al wat n mens seker vang is die verkeer. "
"'n Wonderlike dorpie met die gevoel van jy is tuis en by die familie. Voorwaar 'n familie-kuierdorp. Almal vriendelik, gasvry ons het verseker nie soos vakansiegangers gevoel nie ons het deel van 'n familie gevoel. Baie mooi natuur alles is so rustig in dorp sal niks verander nie."
"Ons is van Bela-Bela en, glo my, Mosselbaai is "WOW". Dis baie skoon en definitief veilig om in rond te beweeg."
"Die beste, fantastiese dorp in die hele land. Asook die skoonste met besienswaardighede om jou die hele jaar besig te hou tussen die berge en by die see."
"Veilig en nie overcrowded nie. Skoon see, fantastiese matige weer, skoon kusdorpie naby lughawe en tussen Mosselbaai en George. Heerlik om Tuinroete van daar af te verken!"
"Knysna het 'n groot verkeersprobleem (selfs in die effense afseisoen). Die enkele toegangs- en deurpad is ontoereikend. Andersins skep Knysna en al die toerismebedrywighede 'n kleurvolle prentjie. Ek kan verstaan hoekom so baie die bestemming aanloklik vind!"