Geverifieerde Resensie

Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.

Sedgefield, Tuinroete

Forestview Guesthouse

"Baie lekker vakansieplek en naby alles."

Hartenbos, Tuinroete

Hartenbos Landgoed 7

"Hartenbos is een van ons gunstelingvakansiebestemmings. Alhoewel dit baie besig in Desember is, geniet ons die atmosfeer en die mense, asook die vermaak wat deur die ATKV op Hartenbos aangebied word."

Theseneiland, Tuinroete

Thesen Islands Dry Mill Marina Apartments

"Thesens Island is 'n premium bestemming. Ons kom dikwels hierheen en sal verseker weer terugkeer."

Groot-Brakrivier, Tuinroete

At 29 Columba

"Die beste dorp in die land en ook die mooiste een."

Tuinroete

Teniqua Treetops

"Die paaie en die omgewing is baie netjies en mooi!"

Groot-Brakrivier, Tuinroete

At 29 Columba

"Heerlike vakansiebestemming!"

Hartenbos, Tuinroete

Riviera Hotel

"Hartenbos is 'n baie mooi plek vir vakansie. Die hartklop van Afrikaans! "

Plettenbergbaai, Tuinroete

Masescha Country Estate

"Pragtige area met 'n verskeidenheid aktiwiteite."

Joubertina, Tuinroete

Mount Africa

"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."

Plettenbergbaai, Tuinroete

Lairds Lodge Country Estate

"Bied geweldig baie, dis net baie besig in seisoentyd. Wye spektrum van aktiwiteite. As jy nie die area kan geniet nie sal jy nêrens tevrede wees nie!"

Paradys, Tuinroete

Salt River Lodge

"Uit die besige verkeer van Knysna, maar gerieflik naby om Knysna te geniet."

Wildernis, Tuinroete

Old Post Office Lodge

"Om die Wildernis roete te kan doen is 'n absolute moet!"

Witsand, Tuinroete

Ittledoo

"Lieflike en rustige dorpie langs die kus, sal weer teruggaan, ideaal vir 'n vakansie en vir die vissermanne."

Hoekwil, Tuinroete

Beyond the Moon Guest Farm

"Near Wilderness, that's the place with nice restaurants. In Hoekwil there isn't much. "

Groot-Brakrivier, Tuinroete

At 29 Columba

"Groot Brakrivier is baie mooi met die rivier en die see. Baie min winkels en vermaak vir jong mense. George en Mosselbaai is gelukkig naby. Sal eerder by een van hulle vakansie hou."

Knysna, Tuinroete

Brenton Beach House

"Pragtig, maar baie besig tydens hoogseisoen."

Stilbaai, Tuinroete

Vermaak-Likheid Garden Cottage

"Wonderlike plek, maar ongelukkig is die plek bestrooi met stompies by elke bankie waar jy wil gaan sit om na uitsig te kyk. Dit is hondevriendelik, maar ongelukkig moet jy mooi kyk waar jy loop anders trap jy in poef en oor Nuwejaar gee niemand om oor honde nie - die vuurwerke gaan mal."

Groot-Brakrivier, Tuinroete

Wolwedans Guest Manor

"Groot Brakrivier, die beste plek ooit, die beste ligging en jy kan orals heen loop."

Oudtshoorn, Tuinroete

Oppi Dam

"Pragtige dorp met vriendelike mense en pragtige ou geboue."

Sedgefield, Tuinroete

Estuary Breeze

"Baie lekker. Goeie swemstrand, naby George en Knysna."

Oudtshoorn, Tuinroete

Mount Noah Lodge

"Oulike dorpie met baie om te doen."

Nature's Valley, Tuinroete

Huis Natures Valley

""Nature's Valley" is presies wat die naam vir jou sê: beeldskone natuur wat weggesteek is van al die stadsgeraas. Die see, lagoon, wandelpaaie, kanovaart, visvang, natuurskoon met asemrowende uitsigte, als is daar. Dit is vêr genoeg vanaf al die 'har-war' van die besige dorpe, maar naby genoeg om gou dorp toe te ry indien mens iets benodig. Daar is 'n winkeltjie en restaurant met die mees basiese benodighede op die dorpie self, asook ander eet en kuier plekkies in die nabyheid. Hierdie is beslis nie die plek vir die persoon wat van die stadslewe, winkelsentrums en kuierplekke hou nie, dit is presies die teenoorgestelde: natuurskoon, rustigheid, familietyd, rustyd ... hier kan 'n mens die Skepper se handewerk beleef."

Nature's Valley, Tuinroete

Kamma-Otter

"Fabulous quiet area with excellent beaches and plenty to do."

Oudtshoorn, Tuinroete

Grysbok Self-catering Country House

"Baie interessante dorp met gawe mense. Net baie warm."

Stilbaai, Tuinroete

Myrtle's Retreat

"Dit was ons eerste keer in Stilbaai en Stilbaai sal ons definitief weer sien!"

Albertinia, Tuinroete

Albertinia Hotel

"Ek het Albertinia as 'n oornagplek gebruik."

Nature's Valley, Tuinroete

The Wood B&B

"Mees ontspannende plek op aarde."

Riversdal, Tuinroete

Deo Volente

"Baie mooi en gerieflik naby Stilbaai, Jongensfontein, ens."

Heatherlands, Tuinroete

Avo&Oak Guesthouse

"Pragtige boomryke omgewing. Rustige buurt. Dit is 'n entjie weg van die winkels en die see."

Pinnacle Point, Tuinroete

Pinnacle Point - Golf Safari SA

"Definitief 'n moet om die plek en sy uitsig te sien!"

Blad
Blad 284 - Wys 8491 tot 8520
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang