Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Pryse is buitensporig vir Suid-Afrikaanse toeriste en toegangsgelde om sekere besienswaardighede te sien ook buitensporig. Oudshoorn het net die oorsese toeris in gedagte en dink nie aan die Suid-Afrikaner wat ook wil toer nie."
"Pragtige dorp, skoon skoon skoon. Almal, van die pompjoggie tot die restaurantpersoneel, tot die werkers op straat gaan uit hul pad om ons op die hande te dra. Vriendelik en aangenaam. Dit was voorwaar 2 heerlike dae van ontspanning en geniet. "
"Hartenbos gee n lekker onstpanningsgevoel sodra jy die plekkie binne ry. Ek vertrou dat die nuwe speelparke wat gebou word nie te duur sal wees nie. Ek sal baie beslis weer by Suidersee 'n bespreking maak! Thumbs up for Suidersee! You guys rock!"
"Pragtige dorp! Oulike winkels en die nuwe Zipline by die Kango-grotte is 'n moet om te probeer. Heerlik op die stoep gesit en 'n drankie geniet by die restaurant waar Zipline eindig! Vriendelike personeel!"
"Pragtige baai. Hoewel daar nie eintlik restaurante op die baai area is nie. Alles is ver daarvandaan."
"Strand is pragtig en mooi skoon en Wildernis is gerieflik geleë naby soveel ander plekke om te besigtig en om dinge te gaan doen. Daarby is Wildernis 'n pragtige plek met baie groen plantegroei."
"On the Rocks is die beste restaurant met groot porsies en waarde vir jou geld. Ek sal definitief weer Stilbaai besoek. "
"Knysna heeft een mooie Lagune, klein centrum waar je snel bent uitgekeken. Voor ons was het guesthouse het hoogtepunt van ons bezoek aan Knysna. We hebben nog een boottrip gemaakt om walvissen te spotten, dit was met Ocean Odyssy. Je betaalt veel (800 rand pp) maar in het piekseizoen op een dag met perfecte weersomstandigheden helemaal niets gezien, behalve 1 dolfijn en een zeehond - zeer teleurstellend!"
"Ons het die dorp baie geniet. Die ou tronk wat in 'n koffiewinkel omskep is, was 'n heerlike belewenis. Pragtige berge met 'n pas wat prentjiemooi is, sorg vir natuurskoon soos min. Bali Trading is altyd 'n lekker stopplek en daar is iets vir almal in die gesin. Die inkopieplekke soos Spar en die Handelshuis was aangename verassings. Die dorp het alles wat ons nodig gehad het en ons sal graag weer daar tyd spandeer."
"Baie pragtige plek, beslis iets om te beleef. Ek sal enige een aanraai om die paradys te beleef. Lekker wegbreek weg van die huis. Daar is iets vir almal om te ervaar. "
"George is 'n wonderlike toeristebestemming. Sentraal geleë tussen Knysna en Mosselbaai met al die kleiner strande tussenin. As dit nie vir my kleinkinders wat in Gauteng woonagtig is nie, sou ek dit ernstig oorweeg het om my in George te vestig!"
"Witsand is more spread out than we expected, so we had a fair distance between the house we hired and the the one hired by the rest of the family."
"Hartenbos is seker een van die lekkerste plekke om vakansie te hou met kinders. Al is die weer sleg is daar nog so baie om hulle mee besig te hou. Daar is regtig nie tyd vir verveeld by die huis sit nie."