Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Die NG Kerk is verskriklik mooi. Het gehou van die stories wat ek van die gasheer ontvang het oor die geskiedenis van die gastehuis, die omgewing en die dorp. Baie insiggewend vir iemand wat belangstel in die geskiedenis van 'n plek."
"Sal nie sommer Bloemfontein aanbeveel as 'n toeristebestemming nie. Is egter 'n gawe plek om te oornag op 'n lang reis."
"Geleë in mooi deel van die Oos-Vrystaat, met 'n ryk geskiedenis. Net jammer oor die slegte paaie soontoe en in die dorpie self."
"Bloem people are warm and am not saying this because I live here, it's because I interact with accomodation establishments from time to time and most of them are really warm people. And outing in Bloem is always a nice experience."
"Pragtige dorp, net jammer die paaie is so sleg. Die hele Oos-Vrystaat is lieflik."
"Ons het die Perdeskou in die Afri Dome bygewoon. Daar was ook tyd om die pragtige Parys winkeltjies te verken. Daar is voorwaar genoeg restaurante om in enige behoefte te voorsien."
"Clarens gaan agteruit. Grondpaaie absoluut onbegaanbaar. Stank hang oor plein veral by eetplekke. Straatoppervlaktes is in haglike toestand. Andersins is Clarens se natuurskoon nogsteeds asemrowend."
"Goeie oornagstad. A.g.v Covid was meeste toerisme aktiwiteite ongelukkig nie beskikbaar nie."
"Lieflike omgewing, maar wat die dorp self betref, word daar 'n groter ophef van gemaak as wat dit werlik werd is."
"I loved the place. Perfect for a birthday weekend. We thoroughly enjoyed ourselves."