Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"We were amazed at how clean the town was. All around friendly service and smiles. A definite must visit."
"Die omgewing is pragtig, die berge is mooi! Die middedorp op 'n Vrydagmiddag en 'n Saterdag is baie besig en deurmekaar. Geweldig baie taxis en mense wat sonder om te kyk net oor die pad loop."
"Uiters gerieflik as basis vir dagbesoeke aan Darling, Langebaan en Elandsbaai."
"Die dorp het al ons verwagtinge oortref met kuierplekke, besonderse kunsgalerye en gawe inwoners."
"Alles wat mens op vakansie benodig is beskikbaar en die mense by die besighede is vriendelik, behulpsaam en goed opgelei."
"I am very familiar with Plett as a location as I have been visiting for many years. Off-season, Plett has become a lot busier than before so restaurant bookings are essential."
"'n Pragtige, landelike dorpie met sy eiesoortige boustyl. Ons het heerlik uitgeëet by The Rude Chef."
"Die vriendelikheid in die dorp tussen alle rasse is opmerklik en aangenaam. Vriendelike diens by die Toerisme kantoor. Die Blommekerk was asemrowend. Dankie aan al die vrouens en mans wat die fantastiese uitstalling gemaak het. Ons het heerlik geëet by Bella-Louise. Clanwilliam is 'n heerlike plek om in te kuier."
"Ek is mal oor St Helenabaai. Ek gaan definitief weer terug. Net Seester se seekos is aaklig en baie duur en teleurstellend. Als op my seafood platter for one was bitter van gaarmaak in ou olie, neem ek aan. Die vis was pap en glad nie vars nie. Ook Shelley Point is baie oulik."
"Loop rond en ontdek die mooiste oulikste kunsplekke in alleys. Wandelpaaie uitstekend. Ons was bevoorreg on walvisse en dolfyne te sien, wonderlik!"
"Dwarskersbos is by die mooi see en ry-afstand van baie besienswaardighede."
"Naby al die mooi blomme, alles wat nodig is is op Vredendal en die mense is baie vriendelik en behulpsaam."