Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 43854 resensies.
"Lieflike kunssinnige ou dorp, ryk geskiedenis, pragtige historiese geboue, baie karakter. Gaan ontspan gerus vir 'n naweek daar, oorgenoeg verblyf."
"Altyd 'n pragtige dorp vir oorslaap op Route 62 met baie oulike plekke in omgewing om te besoek."
"Baie besonderse Karoodorp met besonderse mense, baie lekker restaurante en baie goeie kaas."
"Accessible to other nearby spots and lots of good walks. People of Pearly Beach also very friendly."
"Die eenheid is in Heroldsbaai wat naby George is. Ons hou baie van die omgewing en veral die strand is baie mooi, net oorkant 'n stil straatjie."
"Uit en uit die mooiste en skoonste vakansieplek! Waarde vir jou geld."
"Daar is net soveel om te doen. Ek wil my kano inpak, my bergfiets saamneem, by meer wyn-plase wil uitkom, Montagu se trekker-rit berg-op wil inpas en nog soveel meer. Ek sal moet teruggaan."
"Die Paarl se natuurskoon pragtig, dorp word mooi in stand gehou en historiese geboue bewaar."
"Mosselbaai is ons hartsplek. Vriendelike mense en lekkerste strande, eetplekke en atmosfeer. Vir seker op ons lysie van aftreeplekkies."
"Perfect sea side town and a great holiday destination. Not even far to drive from Cape Town."
"Pragtige kunsdorpie met Karoo-tema, huise oor die algemeen baie goed versorg, Lazy Lizzard se lampasteitjies 'n moet."
"Dit is so maai daar. Ons het 'n dassie en pikkewyne in die tuine van die inwoners gesien. Wonderlike plantegroei, mens kan myle ver stap en ook reuseduine klim. Ek sal enige tyd permanent daar wil gaan bly."