Soos gesien op Maroela Media

Suid-Afrika is een van die beste walviskyk-bestemmings ter wêreld en ons is elke jaar van Junie tot November bevoorreg om dié majestueuse soogdiere in die water te sien baljaar. Die suidelike noordkappers migreer jaarliks vanaf Antartika se ysige waters na die warm Mosambiek-seestroom teen ons kus waar die walviskoeie dan ook kom kalf. Dié reuse se kapperjolle kan van die Kaapse kus tot KwaZulu-Natal se Noordkus gewaar word. LekkeSlaap het ’n maklike gids saamgestel sodat jy presies weet wáár om vanjaar walvisse te gaan kyk!

Ocean Odyssey

Maniere om walvisse te sien:

Per boot – Een van die beste maniere om walvisse te sien is per boot. Bootritte neem jou tot redelik na aan dié massiewe visse en gelisensieerde bote mag binne 300 m vanaf walvisse kom ─ ’n uitstekende fotogeleentheid! Maak egter seker dat die skipper die gepaste lisensies het voor jy een van dié toere aandurf.

Voetslaanroetes – Dié roetes gee jou nie net die kans om tyd in die wonderskone natuur deur te bring nie, jy kan boonop walvisse sien. De Hoop Natuurreservaat bied ’n opwindende Walvisroete, waar jy vir 5 dae deur die reservaat voetslaan en jou kan vergaap aan die natuurskoon en tonne walvisse!

Hoë kranse – Suid-Afrika se kuslyn spog met talle hoë kranse vanwaar jy onbelemmerd oor die oseaan kan tuur met jou kamera byderhand. As jy dus wil walviskyk met jou voete veilig op Moeder Aarde, is Hermanus met sy hoë kranse en bekende kranspaadjie, die beste walviskyk-bestemming. Valsbaai se steiltes laat jou óók toe om ver oor die oseaan te staar en walvisse te gewaar.

Walviskyk-vlugte – As jy ’n avonturier is, is daar walviskyk-vlugte in Hermanus wat jou toelaat om dié massiewe visse vanuit die lug te aanskou. Dié unieke vlugte beloof om jou asem behoorlik weg te slaan!

Valsbaai:

Valsbaai is ’n opwindende plek om walvisse te kyk en dié soogdiere is soms van die pad af sigbaar ─ Old Boyes-rylaan is ’n bekende uitkykpunt. As die geluk aan jou kant is, kan jy dalk ook op ’n treinrit vanaf Muizenberg na Simonstad ’n walvis in die water sien rinkink! Valsbaai is beskut teen die res van die oseaan, en is dus die ideale tuiste vir die suidelike noordkappers in die winter. Vishoek en Simonstad se baaie is gewilde speelplekke vir die walvisse en jy kan baie na aan hulle kom met bootritte en selfs kajakvaarte.

Walviskyk-toere:
Simon’s Town Boat Company

Jy sal waarskynlik ’n walvis of twee by dié bobaas-blyplekke gewaar – kliek gerus en bespreek sodat jy óók die pragtige see-uitsigte kan bewonder:

Seagetaway Self-Catering Apartments | The Lookout | Whale Watchers Apartments @ Simon’s Town | Oceans Echo | The Beach House | Modern Beach Apartment

Hermanus:

Buiten Hermanus se gewilde 12 km lange kranspaadjie, is daar ook baie geleenthede vir bootritte en selfs walviskyk-vlugte! G’n wonder Hermanus is Suid-Afrika se gewildste walkviskyk-bestemming nie! Wanneer daar walvisse in die baai te sien is, blaas die alombekende walvisroeper sy bamboeshoring, so jy sal dit beslis nie kan mis nie.

Walvis in die water in Hermanus.

Besoekers kom jaarliks van heinde en verre om die Hermanus Whale Festival van 29 September tot 1 Oktober 2017 by te woon, so bespreek sommer nóú jou blyplek!

Walviskyk-toere:
Southern Right Charters

Walviskyk-vlugte:
African Wings

As jy in die gemak van ’n huis na die walvisse wil kyk, kan jy by dié pragtige blyplekke in en om Hermanus bespreek:

Le Paradis Penthouse | Right-on-the-Beach | Bayview 104 | Mosselberg on Grotto Beach | Bayview 303 | @lantic View

De Hoop Natuurreservaat:

De Hoop Natuurreservaat in die Overbergstreek is ’n walviskyk-paradys! Dié marienereservaat is ’n Wêrelderfenisgebied en ’n gewilde broeiplek vir suidelike noordkappers. Sowat 120 walvisse kom kalf jaarliks in dié water. Volgens Nini Stephens van De Hoop Collection, is September die beste tyd om walvisse te kyk en De Hoop is een van die beste plekke in die wêreld daarvoor – meer as 40% van die wêreld se suidelike noordkappers kom hierheen om te paar en te kalf. Jy kan bo-op Koppie Alleen se duine sit en na die walvisse en hulle kalfies kyk, sonder dat ander mense of bote jou pla ─ voorwaar ’n idilliese plek en ’n onvergeetlike ervaring!

Die Walvisroete in die reservaat duur 5 dae en is een van die beste voetslaanroetes in Suid-Afrika. Tydens dié roete kan jy die reservaat se asemrowende natuurskoon én die walvisse bewonder. As jy nie die voetslaanroete wil volg nie, is daar ook ander puik walviskyk-geleenthede in die omliggende area.

De Hoop Collection

Bespreek ’n paar nagte by dié blyplekke as jy sommer van jou voorstoep af wil walviskyk:

Die Opstalletjie | Beach House

Tuinroete:

Knysna is ’n gewilde walviskyk-bestemming, al is dié ou grotes nie dikwels van die land af sigbaar nie. Die kans is groter dat jy hulle in baaie soos Wildernis, Sedgefield, Buffelsbaai en Plettenbergbaai sal gewaar. Jy kan darem per boot nader aan hulle kom en gewilde bootritte in Knysna bied jou die geleentheid om die Knysna-koppe van die ander kant af te sien in die soeke na walvisse. Hou ook jou oë oop vir die boggelrugdolfyn wat hiér voorkom.

Walviskyk-toere:
Ocean Odyssey

Bespreek gerus ’n welverdiende naweekwegbreek by een van die blyplekke hieronder wat lekker hoog teen die koppe geleë is en waar jy pragtige see-uitsigte kan geniet:

Headlands House Guest Lodge | The Retreat on Cliff | Brenton On Rocks | 14 Beachyhead

Ocean Odyssey

Oos-Kaap:

Stompneusdolfyne kan regdeur die jaar aan die Oos-Kaap se kus gewaar word, maar van Mei tot Desember is daar ook talle boggelrugwalvisse en suidelike noordkappers wat in dié warm water baljaar. Die Oos-Kaap is een van die lekkerste walviskyk-bestemmings omdat jy sommer net op die strand kan ontspan terwyl jy dié reusagtige visse dophou! Oos-Londen, Port Alfred, Port Elizabeth, Jeffreysbaai en St. Francisbaai is óók wonderlike walviskykbestemmings.

Walviskyk-toere:
Raggy Charters
St Francis Safaris

Bespreek jou ideale Oos-Kaapse wegbreek by een van dié blyplekke naby die strand waar jy sommer vanuit die huis walvisse kan sien:

20 Sea Spray | Kellys Beachfront Apartments | Summerseas 35 Apartment | At the Beach | Cape St Francis Resort

Wildekus:

Die Wildekus is die beste plek om boggelrugwalvisse van die land af te sien omdat honderde van hulle daagliks verby dié deel van ons kus migreer. Die Wildekus se kranse is perfek vir walviskyk en jy kan hulle van nader aanskou terwyl hulle in die kusstrome swem. Walvisse is regdeur die jaar volop hier, maar van Junie tot November maak die massiewe boggelrugwalvisse ook ’n draai in dié subtropiese-bestemming se warmer water.

Walviskyk-toere:
Offshore Africa Port St. Johns

Ervaar die Wildekus op die regte manier en bespreek by een van dié blyplekke waar jy heeldag na die see kan staar en ’n walvis of twee kan raaksien:

The Wild Coast Tented Lodge | Umngazi River Bungalows @ Spa

KwaZulu-Natal:

Die meeste walvisse is aan KwaZulu-Natal se kus te sien. Hiér kan jy meestal boggelrugwalvisse gewaar, maar suidelike noordkappers kom ook soms hier voor. St Lucia is ’n lekker plek vir walviskyk en bootritte laat jou toe om die boggelrugwalvisse van naby te sien én te hoor!

Ocean Odyssey

Walviskyk-toere:
St Lucia Tours & Charters

Bespreek een van dié blyplekke naby die strand as jy wil sien hoe die walvisse in die water voor jou verby swem:

Canelands Beach Club & Spa | Big Family Villa | 66 Kudu Road

St Lucia bied ook bo-baas blyplekke naby die riviermonding:

AmaZulu Lodge | The Estuary Guest Chalets

Walviskyk-gids:

Onthou om die volgende items in te pak op jou volgende walviskyk-toer:
verkyker
kamera
waterdigte sakkie vir kamera of selfoon
reënbaadjie
praktiese skoene

Van Valsbaai tot die Dolfynkus – daar is beslis nie ’n tekort aan walvisse teen ons land se pragtige kus nie. So, loer gerus na LekkeSlaap om jou volgende walviskyk-wegbreek te bespreek sodat jy nie vanjaar se walvisse misloop nie!

Hooffoto: Voorsien deur Ocean Odyssey