Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16054 resensies.

Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad

Citrusdal Country Lodge

"Moet nooit op 'n Vrydagagtermiddag of Saterdagoggend probeer om in Citrusdal te gaan inkopies doen nie. Daar is geen plek om te stap nie en in 'n winkel kan jy niks koop nie, want die rye by die kasregisters staan tot agter in die winkels. Dit is 'n nagmerrie."

Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad

Eldorado Self-Catering Country House

"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

30 Lichtenstein

"Oulike dorpie met 'n rustige atmosfeer en pragtige natuurskoon met die berg so naby. Perfek om bietjie rus vir jou siel te kry met net die nodigste winkeltjies."

Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad

Lekkerus

"Ek beoog om te verhuis vanaf Darling na Kleinmond."

Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad

ATKV Goudini Spa

"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Dunesberry

"Dit is ons tweede besoek aan Paternoster en sal dit weer in die toekoms besoek. Alles is netjies en skoon."

Hemel-en-Aarde Vallei, Ontsnap Uit Kaapstad

High Season Farm Luxury Cottages & Venue

"Net die forel visvang was sleg. Niks gevang in die 4 dae, maar dit was by Sumaridge se dam."

Porterville, Ontsnap Uit Kaapstad

Akkediskis Gastehuis and Restaurant

"Porterville was vir ons net 'n oornagstop maar ook hier kan n mens uitry in verskillende rigtings om die omgewing te verken. Ons het die gasvryheid van Porterville se mense baie geniet."

Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad

Aan d' Oewer Bed & Breakfast

"Pragtige dorpie wat sentraal geleë is om in die pragtige omgewing rond te ry."

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

The Tulbagh Boutique Heritage Hotel

"Tulbagh is 'n pragtige en skoon geskiedkundige dorp met mooi ou geboue, interessante galerye, uitstekende restourante en 'n lekker wynkelder om te besoek. Beslis 'n besoek werd."

Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad

Lilybet

"Dis 'n goeie oornag opsie van waar jy die omliggende areas kan besoek."

Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad

Citrusdal Guest Rooms

"Verskriklike mooi area. Beeldskoon."

Napier, Ontsnap Uit Kaapstad

DeSkaap

"Mooi en netjiese dorpie."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

A'la Mossel 1

" My eerste besoek aan Paternoster. Wat 'n juweel van n plek. Ons verblyf was als wat ons nodig gehad het en nog meer. Jy parkeer jou voertuig en stap waar jy ook al wil gaan anders sit jy op die stoep en bekyk die see en uitsig. Ons was gelukkig om Walvisse te kon sien. Net een ding, hou jul dorpie net soos hy is."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Soli Deo Gloria - Penthouse

"Ongelooflike dorpie, net Jammer die res van die Weskus het nie dieselfde argitektuur en karakter as Paternoster nie."

Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad

Pearly Beach Cottage

"Dit is 'n bietjie afgeleë, alhoewel dit 'n lekker stapstrand het, mits die weer goed is."

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Sit-en-kyk

"Lekker om tyd daar deur te bring. Kry die gevoel van dat dit is die "hoër stand" wat hier uithang."

Pringlebaai, Ontsnap Uit Kaapstad

411 On Park

"Lieflike rustige plek. Vriendelike mense en absolute pragtige strand."

Witsand, Ontsnap Uit Kaapstad

Barnacles

"Om verseker 'n draai by Pili Pili restaurant te maak en om 'n uur of twee op 'n bankie by die hoofstrand stil te sit en die baljarende walvisse dop te hou! Asemrowend! Die Breederivier is ongelooflik mooi. Witsand is 'n besonderse destinasie om te ontspan."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Dankbaar

"Blomme was ook baie mooi."

Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad

Karoo Art Hotel

"Baie mooi netjiese en skoon dorp!"

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Bayview 104

"Heerlike vibe in die dorp, ideal vir 'n naweek wegbreek of langer. Desember is egter 'n malhuis daar."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Phoenix 2

"Safety is a huge concern in Paternoster. We were threatened and harassed by the local children in to purchasing hand-crafted ornaments. If you refuse, they tend to get aggressive and verbally abusive. It's not enjoyable being harassed when your on holiday."

McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad

Orchard Cottage

"Baie mooi dorpie. Rustig met 'n pragtige uitsig."

Blad
Blad 461 - Wys 13801 tot 13830

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang