Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"Ons het die lieflike kortpad na De Rust gery. Oulike dorpie om deur te snuffel."
"Skatkis van historiese geboue. Baie jammer daar word nie baie waarde aan geheg nie."
"Beste plekkie om ietsie te eet is by The Village Trading Post. Vriendelike diens en lekker kos."
"Nieu-Bethesda is 'n pragtige dorpie met heerlike restaurante, fietsryroetes en kunswerke."
"Die besoek aan die Uilhuis was 'n aangrypende ervaring. Ons is diep aangegryp deur die lewe en werk van Helen Martins. "
"Seems to be a growing town with agriculture development leading the way. Was ideal for our requirements being halfway to the Kgalagadi TNP. Whilst we had 2 good meals in the town, a dinner and a breakfast, places to eat at night are lacking. "
"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke wat 'n mens terugneem na 'n era toe daar baie tyd was om te kuier, om rond te drentel en net om te wees. Dit is egter nie moontlik om Nieu-Bethesda met net een besoek 'in te neem nie', en daarom moet jy met jou vertrek reeds die volgende besoek beplan. "
"Ons het nog net in Colesberg oornag op pad PE of Kaap toe en vir dié doel is Colesberg met sy baie oornagplekke 'n uitstekende bestemming."
"Town is run down. Many advertised attractions no longer exist. Lots of unemployed street people and kids begging for money and food."
"Pragtige dorpie, volgende keer bly ek beslis langer om die dorp en omgewing behoorlik te kan verken."
"Baie lekker dorp met oulike mense. Baie lekker vir gesinne en baie veilig. Lazy Lizard is tops met kosse en sorg ook vir vegetariërs en gluten free resepte wat 'n mens nie baie of sal ons se glad nie op meeste plattelandse dorpies kry. Nice plek gaan definitief weer die dorp besoek."
"Colesberg is 'n mooi rustige dorpie om te besoek as u moeg is vir die besige stadslewe. U kan gerus hulle besoek. "
"Dit is 'n klein dorpie, maar so netjies. Ons het 'n heerlike ondervinding gehad om oor die pas te ry na Sutherland. Ons het dit gedoen met 'n Honda Civic en wat prentjie mooi omgewing. Pas is steil en die senuwees moet dit hou, Net nie vir reën seisoen nie. Ek sal definitief weer daar oorbly."
"Baie rustig en atmosfeer vir kalm wees en net rustig verkeer. Baie goed vir ontspan en die vars lug geniet."