Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.06 uit 5 gekry volgens 3998 resensies.
Arne S. - 19th September 2016
staying in Noord-Kaap
Love the Northern Cape landscape, people and animals. The roads are infinitely better than in Limpopo and Mpumalanga - so a compliment to your administration.
Retha M. - 19th September 2016
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Hou baie van die Karoodorpie, dit was ons eerste besoek. Sal verseker weer gaan. Ons tyd was net te min. Ek sal definitief aanbeveel om na oom Jurg by Sterland te gaan en die Star gazing te gaan doen. Dit was 'n wonderlike ervaring. Mense is baie vriendelik en het heerlik geëet ook. Lekker skaapnek.
Hester S. - 19th September 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Rommel buite dorp, veral langs paaie.
Andre D. - 15th September 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Altyd lekker om in die Karoo te kuier.
Anne-lotte M. - 15th September 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Bemark die plek beter! Maak daarvan 'n toeristetrekpleister waar mense op pad na Namibië sal wil oorbly.
Frank W. - 15th September 2016
staying in Richmond, Noord-Kaap
Die wind het baie gewaai die dag en ek het nie die omgewing verken nie. Dit is 'n goeie oornag op pad na Kaapstad.
Christelle N. - 15th September 2016
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Gaan kyk lekker rugby by die White House hotel. Heerlike banke om op te sit en kuier. Die Sutherland Mall het nood-handskoene en mussies, wol, klere en ingemaakte lekernye. Pizza by Jupiter is heerlik.
Con D. - 15th September 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Gebruik Colesberg net vir oornag op lang reis.
Joey B. - 15th September 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Skoon dorp.
Philip Z. - 14th September 2016
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Diere maar skaars.
Joachim M. - 13th September 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Baie lekker atmosfeer en baie vriendelike mense. Ek moet Charmaine van die Munisipale Verkeersafdeling uitlig - wat 'n wonderlike mens.
Lizl S. - 12th September 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Vriendelike dorp.
Nick & Corrie P. - 12th September 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtig!
Piet B. - 12th September 2016
staying in Blydeville, Noord-Kaap
Kan nie werklik 'n oordeel fel nie. Was net oornag daar. Hier is die mense blykbaar netso vrygewig soos in die res van Namakwaland.
Nigel R. - 12th September 2016
staying in Prieska, Noord-Kaap
To be honest, I did not stop long enough in Prieska to appreciate the surroundings of a farming community there. There must be much to explore and there appears to be an abundance of accommodation available judging by the advertising I saw. Of course the river is the attraction and guess that fishing as a recreation must be top of the list.
Retha M. - 11th September 2016
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Klein dorpie, mense is baie behulpsaam en dis Afrikaans.
Irma F. - 11th September 2016
staying in Loxton, Noord-Kaap
Pragtige boomryke ou dorpie!
Elizabeth B. - 10th September 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok en omgewing bly nog al die jare 'n pragtige toeriste bestemming, hierdie deel van Namakwaland is 'n moet sien en O'kiep Hotel se buffet-etes kan nie mis geloop word nie, beste in omgewing.
Ludwig H. - 9th September 2016
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Absolute asemrowende omgewing.
Matthys B. - 9th September 2016
staying in Douglas, Noord-Kaap
Kan dalk meer inligting verstrek oor besienswaardgighede.
Stuart W. - 9th September 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok is 'n wonderlike plek vir toer van die blomme en om in sand en klip fiets te ry.
Abee H. - 8th September 2016
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Overrated.
Chris K. - 8th September 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Dat geskiedenis bewaar word re Springbok se oorsprong. Duidelike rigtingborde wat die plekke aanwys.
Nic M. - 7th September 2016
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Kamieskroon as dorp bied nie veel nie . Dit is egter die omgewing wat 'n besoek die moeite werd maak.
Jeanette K. - 7th September 2016
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Ja, daar is baie besienswaardighede, soos die Oranjerivier Kelders met heerlike wyn wat jy eers kan proe voor jy koop, en Kanoneiland met al sy wingerde nie ver daarvandaan nie, en natuurlik die waterwiel wat steeds draai. Pragtige omgewing met talle stalletjies met produkte van die omgewing soos dadels, rosyne, alle droë vrugte, ens.
Cobus B. - 7th September 2016
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Carnarvon is 'n tipiese Karoodorp, maar met The Lord's Kitchen om by te eet en Lord Carnarvon Guesthouse om by te oornag is dit baie spesiaal. As jy hou van "the road less travelled", maak gerus hier 'n draai.
Gideon H. - 6th September 2016
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Pasop vir die baie groot slaggate.
Arthur B. - 6th September 2016
staying in Hanover, Noord-Kaap
Dis 'n ideale rusplek vir die lang rit tussen Kaapstad en Johannesburg.
Jaco N. - 6th September 2016
staying in Upington, Noord-Kaap
Baie lekker en lieflike dorp.
Bokkie E. - 6th September 2016
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Het dit baie geniet. Hoewel dit redelik droog is, is daar steeds baie om te sien by die valle self en ook in die omgewing.
Nico P. - 5th September 2016
staying in Hanover, Noord-Kaap
Ek geniet die Karoo.
Nico P. - 5th September 2016
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Ek hou van die benede-Oranje.
Elsie H. - 5th September 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Tauren Restaurant aan te beveel.
Hendrik Philippus (hennie) D. - 5th September 2016
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Pragtige en baie interessante deel van ons mooie land.
Walda C. - 5th September 2016
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Jurg at Sterland should be mentioned.
Gert Visser V. - 5th September 2016
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners, gerieflike B&B en besonderse eetplekke.
Doreen A. - 4th September 2016
staying in Williston, Noord-Kaap
Die Williston Mall is 'n belewenis! Die dorpie is netjies, rustig, atmosferies en veilig. Dit lyk nogal, as mens vergelyk met 'n paar jaar gelede, asof Williston 'n nuwe trots ontwikkel. Daar is nuwe gastehuise wat uitstekende akkommodasie bied.
Adele C. - 4th September 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtige dorp en omgewing.
Eleta G. - 4th September 2016
staying in Loxton, Noord-Kaap
Pragtige, rustige Karoodorp.
Henry B. - 3rd September 2016
staying in Springbok, Noord-Kaap
Uitstekend.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za