Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6600 resensies.
"Bietjie min om te doen, maar gelukkig is dit naby aan ander toeristebestemmings wat dit beter maak."
"Uitstekend! Al die plekkies is so tussen 30 tot 40 min se ry weg en 'n groot belewenis om hierdie kusdorpies te besoek."
"Seker die hub van die Weskus. Als is daar winkels gewys en die ander besienswaardighede is sentraal rondom dit geleë."
"Baie mooi plek om te besoek en te verken, wonderlike restaurante in en om die dorp vir alle vis smaak."
"Pragtige area. Net ver genoeg van die strand om dit rustig te maak. Maar net om die draai as jy strand toe wil gaan."
"Dis baie jammer dat mens nie Langebaan se mooi vanaf die pad of ingang in die dorp mooi besef nie. Die eerste 2 kere wat ek daar was, het ek gewonder waaroor die bohaai gaan, totdat ons per toeval een dag by Boesmanlandplaaskombuis opgeëindig het en daar eers gesien het waar die mooi regtig lê. En dit was net die begin. Van daar af, is daar geen keer. Ek sal nie met myself kan saamleef as en nie ten minste 1 keer per jaar hierdie dorpie besoek vir 'n lekker lang verblyf nie. 'n Versteekte diamant!"
"Kilometers lieflike strand sonder veel mense. Naby en ver genoeg van dorpsarea. Het algemene handelaar met als wat jy nodig het. Tien minute per motor van ander dorpsgeriewe. "
"Baie mooi en netjiese dorpie. Dit is ideaal vir 'n stil en rustige vakansie - daar gaan nou regtig niks aan nie. Mens ontspan net heerlik op die strand, geniet die rus en vrede en eet in die restaurante. (Daar is 'n paar toeristewinkeltjies, maar hulle is seker gemik op die buitelandse toeriste, want hulle is peperduur.) Die strand is massief en die water is stil, met min branders, so dit is ideaal vir mense met klein kinders. (Die water is egter baie koud.) Hierdie is beslis my gunstelingplek op die Weskus!"
"Lovely beach. Not as busy as other coastal towns. Which we enjoyed. But you need to be aware of limited options for dinner when eating out. "
"Die perfekte plek om te gaan ontspan en rustig te verkeer. "
"Lambertsbaai is nie vir besige bytjies nie, dit is waarheen jy gaan om te gaan rus, dalk bietjie te lees. Muisbosskerm is 'n groot trekpleister en ons het heerlik geëet en gekuier saam met die vriendelike mense daar. "