Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Wonderlike dorpie vol verrassings, die Ou Kerk antiekwinkel is beslis 'n besoek werd, Mez is 'n absolute eetervaring."
"Daar is soveel om te sien en te doen! Babylonstoren en Clay Cafe is moet-besoeke. Dis so 'n mooi wynplaas (Babylonstoren) met die mooiste tuine om deur te stap. Dis 'n heeldag uitstappie. By Clay Cafe (Kaapstad-tak) kan jy heerlike etes nuttig terwyl jy kreatief raak op kleiborde, -bekers, -bakke. Reserveer 'n tafel vooraf vir 2 1/2 ure vir kreatiewe inspirasie."
"Lovely place to travel. Just make sure you have all your medical meds etc. as there is no pharmacy in Paternoster although there are a few in Vredenburg not too far of a drive back."
"Baie eetplekke maar min aktiwiteite om te doen. En besighede maak bietjie te vroeg toe saans."
"Is 'n pragtige, klein dorpie met outentieke restaurante en persoonlike en vriendelike diens."
"Ons sou vir seker langer wou bly, aangesien daar heeltemal "te veel" plekke is om te besoek in die Paarl. "
"Dit is 'n klein kusdorpie en bied nie vreeslik baie vir toeriste nie. 'n Week is moontlik 'n bietjie lank om daar te kuier. Die museum en Bird Island was baie interessant en kan aanbeveel word. So ook die Bokplaas wat omtrnet 15 km buite Lambertsbaai geleë is."
"Fantasties! Baie skoon omgewing, goeie paaie, groot verskeidenheid aktiwiteite."
"Lekker, rustige dorpie vir 'n wegbreek. Lekker verskillende eetplekke. Jy voel sommer so veilig en als is lekker binne loopafstand."