Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35606 reviews.
"Small but very charming town. The people are very friendly! Can get some good food here. Not too much to do in the area."
"A lovely little town with a good few wine farms. Perfect for a day of wine tasting. The restaurants are a little hard to catch, either they closed early or they weren't open at all."
"Ons het Ceres geniet. Ziplining is een van baie besienswaarighedes in die omgewing met baie vriendelike en behulpsame personeel."
"Ons het op aanbeveling die aandete genuttig by Nostalgie restaurant, maar was teleurgesteld in die gehalte van die kos."
"Baie om te sien. Lekker staproetes. Vriendelike mense. Baie plekkies om te besoek in dorp."
"Kom voor as 'n baie veilige dorp. Baie skoon dorp. Het die Kaapse Klopse by die Spar baie geniet, vir ons van Gauteng, 'n hoogtepunt."
"Mosselbaai self is 'n baie lekker dorp om in vakansie te hou. As jy bereid is om die verkeer te trotseer in die vakansie-tyd, kan jy maar gaan. Maar die verkeer is baie erg oor vakansies. Dit bly steeds ons gunstelingplek om vakansie te hou."
"Baie lekker toegang tot die see vir boothengel! Naby genoeg aan groot winkelsentrums vir benodighede. Beslis nie vir die persoon wat van "liggies" en lawaai heelnag hou nie! Hier kan mens "batterye" laai!"
"Die vriendelikheid van al die mense daar is wat vir my die beste was. Almal is gesellig en behulpsaam. Kerkklokke wat lui van vroeg op 'n Sondagoggend is iets onvergeetlik. Het diens bygewoon by die Nuwe Apostoliese Kerk en was baie hartlik verwelkom. Sal enige tyd weer op Oudtshoorn kuier."
"Die feit dat ons orals kan stap en veilig voel vir die kinders om fiets te kan ry, maak dat ons as gesin beslis sal terugkom na Gouritz."
"Die dorpie Tulbagh is ongelukkig 'n slagoffer van ons regering se onvermoë om 'n beter lewe aan sy mense te gee. Die hoofstraat is besaai met werklose mense wat vinnig om toeriste brom. Meeste besighede is of gesluit of het beperkte besigheidsure. Darem is die strate redelik skoon. Die prag van die area is nie die dorp nie, maar die natuurskoon en die omliggende plase, berge, riviere, damme, staproetes en bergfietspaaie."