Verified Reviews
Hibiscus Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hibiscus Coast
Rated 4.3 out of 5 based on 1598 reviews.
"Uvongo is 'n baie lekker plek om te gaan vakansie hou, jy moet net kyk waar jy bespreek sodat jy nie jou geld in die water gooi nie."
"Veilig, mense kan dalk bietjie vriendeliker wees. Ek dink iemand kan 'n besigheid begin waar hulle iets soos scooters of gholfkarretjies uithuur, om rond te ry in Leisure Bay-area. Ook kort daar 'n strandwinkeltjie, alhoewel daar 'n winkeltjie is, is dit 'n ent se stap, baie opdraande. Maar fantastiese plek."
"Die taxi's maak 'n klomp lawaai oor die naweke in die parkeerareas en voor die woonstelle en daar word sommer openlik op die strande alkohol gebruik."
Margate North Beach, Hibiscus Coast
Ithaca 18"On the day we took a walk along the beach, there was a nice crowd minding their own business. Lovely."
"Persoonlik verkies ek 'n kleiner strand, soos Manaba in plaas van Margate etc. Ek dink die verkeer in die hoofstraat kan ongelooflik besig wees gedurende piektye. "
"Lekker stil strand. Perfek vir mense met kinders of mense wat 'n rustige wegbreek wil geniet."
"Sea Park is sentraal, naby genoeg aan Port Shepstone vir inkopies, maar ook nie so naby dat die besige dorp lastig is nie. Is ook naby genoeg aan South Gate Mall en Shelly Centre vir 'n heerlike uitstappie."
Ramsgate Beach, Hibiscus Coast
Providence 40"Na 12 jaar se gereeld besoek, bly Ramsgate vir my nommer 1."