Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11380 reviews.
"Die Chris Barnard Meuseum is regtig interresant en leersaam en 4 Sheep restaurant by die Caltex Garage is ‘n moet vir watertand boerekos opsies."
"Die enigste groot attraksie is die Sentraal Karoo Park wat beslis 'n dagbesoek of meer werd is."
"Mooi ou plekkie, bly net weg van die onbevoegde Spar wat nie vir jou kos kan verkoop wat jy wil hê nie want dis nie op die rekenaar nie. Belaglik, ek wou een gewone Russian en een kaas Russian hê maar ek moet leë hande uitloop en kos op ander plek gaan koop."
"Interessante argitektuur en dis ‘n netjiese en skoon dorpie! Daar is selfs ‘n interessante watergat, Die Stal, wat ek ongelukkig nie besoek het nie!"
"Die Molteno Slaghuis het uitstekende wors, en ons het heerlik geëet by the Pioneer Restaurant. Did dorpie is maar bietjie vervalle en vuil. Maar steeds baie mooi. Ons was mal oor die Vallei van Verlatenheid."
"Nee veel te doen in Hanover nie, maar mooi uitsigte as jy die koppie uitklim."
"Goed geleë vir oornagstop. Goeie restaurante. Besoek gerus die slaghuis vir die beste biltong en droëwors."
"'n Oase-dorpie waar 'n mens weer jouself kan vind en besef waaroor die lewe eindelik gaan."
"Ons is see-mense en dus sien ons nie die Karoo regtig as 'n toeristebestemming nie."
"Prins Albert is 'n verskriklike lekker, rustige dorpie om net van die gejaag af weg te kom, net jammer dis so ver van die Kaap af."
"Mooiste dorpie en strate. Ons het juis Graaff-Reinet gekies bo Colesberg."
"Aangenaam, dis stil en rustig, regtig 'n stop werd. Daar is nie veel om te sien nie, maar tog is dit baie mooi, 'n anderste soort mooi."
"Bedelaars bederf 'n mens se toeriste-ervaring, ten spyte daarvan dat 'n mens deernis met hulle omstandighede het."