Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16384 resensies.
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Engela's Overnight Accommodation"Groot geword op die dorp en was verbaas om te sien hoe dit uitgebrei het en hoe goed die vakansie akkommodasie is. My vriendin het ook die naweek in 'n gastehuis tuis gegaan wat net so oulik was."
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Quest Bed and Breakfast"Pragtige plek met mooi strand is naby Bloubergstrand en die res van Kaapstad. Genoeg om jou mee besig te hou. Lekker eetplekke. "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
21 on Bakoond"Dit is 'n pragtige dorp, met lieflike strande wat gefokus is om die omgewing te bewaar. Die dorp en strande is skoon en veilig met gasvrye inwoners en/of personeel by die onderskeie besighede wat uitstekende diens lewer. Daar is 'n groot verskeidenheid eetplekke wat maaltye van puik gehalte voorsit. Sal die dorp beslis weer in die toekoms besoek!"
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Rus en Vrede"Wonderful charming little town with very friendly people."
"Gaan maak gerus 'n draai by Manly Wynplaas. Die nuwe wynmaker daar het soveel passie vir dit wat hy doen, dat dit aansteeklik is. Hulle voer hoofsaaklik uit, so dit was 'n klein bederfie toe hy vir ons 'n toer gegee het. Beslis uitvoergehalte wyn!"
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
Arniston Seaside Cottages"Arniston is a must visit!! Still unspoilt natural beauty. Can you believe there a no street lights? And this underlines the peace and tranquility of the area! Beach is awesome, you can walk forever along the beach! I have to return to visit the caves where the Boers of old turned their ox wagon around. Hopefully return soon!!"
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Happy Family Guest House"Would recommend if suggestions made above are taken into account."
Vredenburg, Ontsnap Uit Kaapstad
Apollo Selfsorg"A town with most shopping outlets and services anybody would need."
Porterville, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Koejawelhuisie"Lieflike plaasmark op 'n Saterdagoggend in Porterville. Vanaf 09:00 tot 14:00. Gaan eet brunch daar en koop vars lemoensap. "
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Amazing Grace B&B"It is beautiful for walks along beach road and endless rock pools. "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Jacobsbaai is 'n wonderlike plek vir 'n spesiale en rustige wegbreeknaweek."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paters Nessie"Paternoster is 'n ideale wegbreek van nie meer as 3 dae nie."
"Pragtige plek, maar mense met honde tel nie die "landmyne" op nie. Ook waar die perde loop is oral mis. Dit is teleurstellend."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Speedo's en Crocs"Wil so gou moontlik teruggaan vir lekker vis, dis heerlik daar veral vir klein kinders. Daar is nie strome by die hawe se strand nie. Love dit!!"
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Bo La Motte Farming and Tourism"Franschhoek is 'n pragtige dorp met vriendelike en hulpvaardige mense."
"Prentjiemooi dorpie met baie om te doen. Heerlike restaurant om van te kies en keur. Die markie is ook 'n moet. Staproete teen die berg op vir die avontuurlustiges. Greyton is beslis 'n great dorpie!"
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
ATKV Goudini Spa"Ons het verder as Rawsonville rondgery en was baie verras en beïndruk met die landbou (druiwe ens.) en plase in die omgewing. Om nie te vergeet van die wonderlike natuur van die magtige berge in hierdie omgewing nie."