Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Met die Karoo Nasionale Park naby is dit 'n toeristebestemmimg. Ons het by die slaghuis uitstekende diens ontvang."
"Dit is beslis 'n rustige plek om na weg te breek uit die gewoel van die stad se gejaagdheid. Niemand is onnodig haastig nie en die tydjie daar is siel's verkwikkend."
"Beaufort-Wes is nie net 'n goedgeplaasde oorslaapplek vir toeriste nie; dit bied ook interessante besienswaardighede in die dorp en omgewing wat maak dat mens eintlik meer as een nag daar moet oorbly."
"Die mooiste dorpie met pragtige landskappe en natuur skoonheid. Sal Paternoster aanbeveel vir almal wat nog nie die plekkie besoek het nie."
"Met die nuwe ontwikkeling, wil dit voorkom of daar nie werklik 'n einde in sig is nie. Daar is nog baie werk wat gedoen moet word en wat 'n jammerte dat daar reeds onderhoud gedoen word aan struktuur wat nie eers 'n jaar oud is nie."
"Prins Albert is 'n baie mooi dorpie. Ons was ongelukkig nie betyds vir die Saterdagoggend mark nie, sou dit graag wou beleef. Die omgewing met sy berge het 'n groot bekoring! Ek sou toegang tot die Kokkedoorstoor wou gehad het, om bietjie daar te kan rondkyk!"
"Goeie ontvangs en diens by twee restaurant waar ons geëet het. Mense is vriendelik en behulpsaam oor die algemeen."
"Moet nooit op 'n Vrydagagtermiddag of Saterdagoggend probeer om in Citrusdal te gaan inkopies doen nie. Daar is geen plek om te stap nie en in 'n winkel kan jy niks koop nie, want die rye by die kasregisters staan tot agter in die winkels. Dit is 'n nagmerrie."
"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."
"Baie lekker plek om vakansie te hou. Daar moet net minder op/aan die paaie gewerk word, of hulle moet gouer werk want dit kan 'n afname aan besoekers bring."
"Miskien beter pad tekens. baie mense het hul doodgesoek na die warm swembad. As jy nie die dorp ken nie, sukkel jy nogal, en moet ander mense vra."
"Oulike dorpie met 'n rustige atmosfeer en pragtige natuurskoon met die berg so naby. Perfek om bietjie rus vir jou siel te kry met net die nodigste winkeltjies."
"Het dit in die winter beleef, dink dit is pragtig in die somer as al die wingerde groen is."
"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"
"Dit is ons tweede besoek aan Paternoster en sal dit weer in die toekoms besoek. Alles is netjies en skoon."