Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 47913 resensies.
"Ek kan Van Loveren wynplaas sterk aanbeveel, daar is 'n staproete as jy kans sien vir 'n steil bult met asemrowende uitsigte. Ook fantastiese restaurant, tuine, ens. "
"Was baie lekker, Net bietjie dood in die aand, en ek haat dit dat restaurante nie water het om net jou hande te was nie, maar anders was dit lekker."
"Oulike, rustige plekkie langs die kus. Maar, mis 'n bietjie "magic" van ander kusdorpies soos Stilbaai of Arniston."
"Dis ‘n plek wat mens moet sien en beleef. Ouwêreldse sjarme."
"'n Mooi deel van die wêreld. Ons Huisie en ten minste drie ander eetplekke geniet. Binne bereik van goeie gholbane. Uit die gewoel van verkeer, maar tog maklik om Kaapstad en die Weskus te besoek. Kom weer kuier!"
"'n Baie rustige en veilige plek en veral die skoonheid is oplettend. Die uitstekende instandhouding van die omgewing het ek lanklaas teëgekom in hoeveel waarde word daar nog aangeheg, mooi so!"
"Jammer die gholfklub is toe in die week. Geen slaghuis en restaurant?"