Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35225 reviews.
"Ja, definitief net 'n naweek is te kort. Dis 'n pragtige historiese dorp en lekker interessante dinge om te sien, daar is ook lekker grondpaaie om te verken, soos byvoorbeeld om oor Malgas se pond te gaan. Hou die dorp net so."
"Vredenburg het als en nog meer - in die dorp alles beskikbaar asook die nuwe Weskus mall. Naby Langebaan en Parternoster."
"George is 'n pragtige dorp, naby aan ander vakansiebestemmings en daarom 'n ideale plek om oor te slaap en selfs 'n paar dae oor te bly. "
"Heerlike dorpie om in rond te loop, sou net 'n bietjie meer kunsgalerye wou sien."
"One of the most beautiful towns in the province and it is clean and safe. Great restaurants, friendly people and the scenery on the Swartberg Pass something not easily described - a MUST see. Many attractions in the area and Prince Albert is surely worth more than one visit. When we visited the town it made us proud to be South Africans!"
"Dit was ons tweede besoek aan Riebeek-Kasteel. Dit het gevoel asof ons nie regtig in Suid-Afrika is nie. Suid-Afrikaanse eetplekke en etes skaars. Vreeslik Engels met musiek hoofsaaklik Frans en Duits. Ek persoonlik het 'n bietjie ontuis gevoel in my eie land."
"Die Strand het die mooiste uitsig ooit en veral die sonondergang in die somer. Oorseese toeriste is beslis baie welkom. Kaapstad is maar te alle tye die beste ter wêreld. "
"Paternoster is 'n besondere bestemming wat bekoring inhou. Die mense is vriendelik. Baie lekker restaurante. Interessante plekkies om te besoek soos At Botha se studio. Gaan kyk ook na omliggende plekke soos Velddrift en Tietiesbaai."
"Altyd lekker, maar soms kan die plaaslike smouse regtig pla en lastig wees."
"Ons was net jammer dat die Faerie Sanctuary nie oop was nie! Sal volgende keer ons tyd so inruim dat dit in seisoen is!"