Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Wonderful drives through the Cederberg and a comfortable 40 minute drive to Lamberts Bay."
"Sentraal geleë vir besoeke aan wynlande, olyflande en Ceres-vallei."
"Mal daaroor gewees en die mense wat daar bly is net so great. Ons het 4 restaurant in Struisbaai besoek en een in L'Agulhas. 55 knots, Michael Collins, Pelican Harbour, Sea Shack en Twisted Fork. By almal ontsaglike goeie diens gekry en baie vriendlike personeel sowel as bestuurders/einaars. Well done aan die Pelican Harbour Café se bestuurder - hy was absoluut 'n vreugde om mee kennis te maak en dan sal ek sê uit die 5 uit is Sea Shack die beste waarde vir geld. Almal was great, maar ek moet die twee punte uitlig. Daar is so baie om te doen in die omgewing so ons sal moet terugkom."
"Ek is mal oor die buzz. Naby aan alles, maar voel soos 'n dorpie op sy eie. Baie lekker stapplekke."
"Met Bikini-beach wat weggespoel het jare gelede het dit die hoeveelheid mense op die strand en ongelukkig ook die gebruik van die strand effe beperk. Die restaurante (bv. Tallas) is goed geprys en meer as billik met hul porsies. Die dorpie is skoon en mooi."
"Lieflike plek, ry gewoonlik net deur op pad Kaap toe. Regtig verbaas met die rustigheid van die omgewing waar ons oorgebly het."
"Die kerkgebou van die NG Kerk en die pragtige tuine daar rondom is 'n besienswaardigheid wat mens nie moet verbygaan nie."
"Paternoster is 'n lieflike dorpie maar die restaurante se kombuise sluit hopeloos te vroeg."
"Stellenbosch is my hartstad. Ek is so lief vir die atmosfeer en die mense en die natuurskoon. As 'n Pretorianer sal ek enige tyd en enige dag in Stellenbosch verwyl. "
"George is 'n goeie voorbeeld van hoe pragtig en skoon 'n stad in SA kan wees. Dit lyk na 'n lieflike stad om te bly."
"As jy 'n baie rustige plekkie wil besoek is Heroldsbaai beslis die bestemming. Dit was glad nie besig nie, dit is seker heeltemal anders in Desember."
"Swellendam is in 'n pragtige omgewing geleë en binne bereik van die natuurskone Boland en Klein Karoo. Heelwat te sien in die Swellendam omgewing self."
"Vredenburg is sentraal geleë om al die omliggende Weskus-dorpies te besoek."