Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36612 resensies.
"Vir gewone reisigers is dit ’n top ligging en goeie waarde. As jy nie vervoer het nie stop openbare vervoer voor die deur wat jou tot in die stad neem. Vir besigheidsreisigers wat met werksure moet rekening hou kos dit fyn beplanning met die spitsverkeer."
"’n Lekker dorp, vriendelike mense en boonop praat baie mense Afrikaans."
"Besoek Die Damhuis in Melkbosstrand. Geskiedkundige gebou en restaurant. Besoek Kirstenbosch Botaniese tuin met sy canopy walk, sowel as die Aquarium, V&A Waterfront."
"Diverse bestemmings. Kan by die see ontspan, wildkyk, stilte ervaar in die berge. Watookal jou behoeftes, die Wes-Kaap beskik oor die perfekte bestemming."
"Die enigste groot attraksie is die Sentraal Karoo Park wat beslis 'n dagbesoek of meer werd is."
"Baie netjiese en skoon omgewing. Alle geriewe is binne 5 minute se ry beskikbaar. Lekker, ontspanne, vriendelike atmosfeer."
"Dis waar ek op skool was. Was baie lekker om Piketberg as toeris te ontdek. Sal graag weer die dorp besoek om na die museum te kyk en die historiese roete te stap."
"Net baie besig, ek sal nie daar wil bly vir die hele vakansie nie, maar dit was 'n baie mooi en aangename ondervinding."
"Wonderlike plek met baie historiese geskiedenis, ons het altyd net verby gery, maar sal enigeen aanraai om in te draai en Swellendam te besoek. Wonderlike gastehuise, eetplekke en baie ander plekkies om te besoek."
"Kan Lord Winery aanbeveel vir wynproe en vir heerlikke kos. Lekker gekuier by At the Courtyard."
"Velddrif is fantasties ek sal beslis weer ‘n besoek aflê. Bokkomlaan is ‘n moet met ‘n paar restaurante, bokkoms en die Crackling Rosie-boot wat vir 2 ure op die Bergrivier vaar was ‘n hoogtepunt. Die honderde pienk flaminke was pragtig om te sien."
"Die mense is vriendelik en die omgewing is baie veilig. Beslis 'n plek waarheen ek my kinders (tieners) sal bring. Die omliggende dorpe bied baie besienswaardighede en aktiwiteite om te doen."