Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.56 uit 5 gekry volgens 32136 resensies.
Annamarie D. - 12th February 2016
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Uitstekende vakansie dorp en baie skoon.
Bertie D. - 12th February 2016
staying in Voorbaai, Wes-Kaap
Voorbaai is rustig en naby aan Mosselbaai.
Karin L. - 12th February 2016
staying in Stilbaai, Wes-Kaap
Fantasties.
Elize K. - 11th February 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Karoo Deli is 'n puik restaurant.
Anton M. - 11th February 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Pragtige plek. Het ons net vasgeloop met winkels wat 19:00 toemaak, maar Malle Madonna het ons voorsien van vriendelike diens en 'n heerlike ete.
Maryna N. - 11th February 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Lambertsbaai het meer om te bied as wat mens dink! Die bekende seekos-restaurant Muisbosskerm is daar, en verseker die moeite werd. Die kos was uitstekend, vars en smaaklik en om so na die see te kyk terwyl jy aan die vars vis eet, was regtig 'n wonderlike belewenis.
Adél D. - 11th February 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Dis mooier as die prentjie wat ek vir myself voorgestel het hoe die dorpie moet lyk. Baie rustig en ontspanne en presies waarna ons op soek was vir 'n wegbreeknaweek. Byna 'n klein weergawe van die Griekse eilande.
Lee-anne B. - 11th February 2016
staying in Mykonos, Wes-Kaap
Altyd 'n plesier om by Mykonos te kuier. Topklas!
Js B. - 11th February 2016
staying in Plattekloof, Wes-Kaap
Goeie ligging.
Christelle M. - 11th February 2016
staying in Boston, Wes-Kaap
Boston area is lekker naby alle hoof besienswaardighede.
Leon G. - 11th February 2016
staying in Riversdal, Wes-Kaap
Skoon, gerieflike dorp met vriendelike mense. Huisves Oakdale Landbouskool en die Nasionale Junior 560 Toutrekspan.
Sharine B. - 11th February 2016
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Sentraal om al die Weskus-dorpies te besoek. (Saldanha, Paternoster en Velddrift self.) Perfekte wegkomplek. Ons dink nou om ons aftree huis hier te koop :)
Vestal F. - 11th February 2016
staying in Greyton, Wes-Kaap
Greyton is a lovely town for a Saturday morning meander. We bought some smoothies, lemonade, glycerine soap, and just enjoyed the lovely atmosphere. Weather was hot though!
Mercia S. - 11th February 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Dis 'n absolute wonderlike plek sal enige tyd weer Paternoster besoek.
Mongezi N. - 11th February 2016
staying in L'Agulhas, Wes-Kaap
Wonderful. Not too touristy. It is safe, water is lovely and warm which is a huge plus. Beautiful place to spend a weekend away.
Adri D. - 11th February 2016
staying in Bovlei, Wes-Kaap
Ideaal - sit vir jou genoeg tyd eenkant om te verken, jy gaan vir nog dae vra.
Clive C. - 11th February 2016
staying in Vredenburg, Wes-Kaap
Vredenburg is redelik sentraal geleë om te dien as staanplek vanwaar ander besienswaardighede aan die Weskus besoek kan word.
Gerard R. - 11th February 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie mooi plek met baie mooi toeriste-oorde.
Meloney R. - 11th February 2016
staying in Saldanhabaai Munisipaliteit, Wes-Kaap
Daardie blouste blou kalm see is 'n see waar enige een wil swem. Dit is eish, hoe noem mens dit, uit die boeke uit! Sal beslis weer terugkeer!
Margareth G. - 11th February 2016
staying in Brandwacht, Wes-Kaap
The area is very quiet and safe and completely stunning. I would recommend it to anyone.
Ockelanda H. - 11th February 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Die verskillende voetpaadjies langs die see en die bankies was werklik 'n plesier. Jy kan ure daar sit en die kalmte van die see ervaar.
Mariana R. - 11th February 2016
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Dit was baie rustig tydens ons verblyf. Die waterwurm wat verwyder word was 'n telleurstelling, maar ek hoor daar is baie nuwe planne so ek hoop om aangenaam verras te word. Die warmbad was beslis een van ons hoogtepunte!
Les Loffstadt L. - 11th February 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Baie wind!
Anzel K. - 10th February 2016
staying in Myoli Strand, Wes-Kaap
Moo,i skoon strand. Nie te ver van Knysna en omliggende gebied nie.
Leon O. - 10th February 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Goed gewees.
Celia L. - 10th February 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Meeste mense is bewus daarvan dat dit 'n dorp met uiterste temperature is en aanvaar dat die toeristebestemmings daarvoor ingerig is. Olive Terrace waar ek aandete geniet het was heerlik.
Colleen S. - 10th February 2016
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Lovely, quiet and clean town.
Machiel V. - 9th February 2016
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Ons was mal oor die plek!
Louise V. - 9th February 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Pragtige dorpie, wens ek het meer tyd gehad om die dorp te besigtig. Sal definitief weer kom kuier.
Mariana E. - 9th February 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Pragtig, netjies en veilig.
Lynette B. - 9th February 2016
staying in Knysna, Wes-Kaap
Pragtige dorp. Sal enige tyd daar wil vakansie hou.
Sylvia B. - 9th February 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Langebaan is goed geleë. Al probleempie is dat die winkels by die winkelsentrum baie vroeg toemaak.
Anita H. - 8th February 2016
staying in Sentraal Mosselbaai, Wes-Kaap
Dit is aangenaam om tydens seisoen tyd in Mosselbaai te kuier, lekker besig en sentraal as jy wil ry.
Jeanette W. - 8th February 2016
staying in Agulhas, Wes-Kaap
Agulhas met sy besondere vuurtoring en baie staproetes langs die see en in die veld is 'n besondere bestemming en ons sou graag nog meer tyd daar wou deurbing. As mens net vinnig daar verbyry het jy eintlik nie 'n idee hoe 'n besondere atmosfeer die plek het nie.
Louise V. - 8th February 2016
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Gordonsbaai is sentraal geleë en ons het die dorp en omliggende area baie geniet, asook alle toerisme aantreklikhede baie geniet. Ons sal weer vinnig kom kuier.
Melody F. - 8th February 2016
staying in Santosbaai, Wes-Kaap
Marinus K. - 8th February 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Hermanus in net meer as 'n uur uit Kaapstad uit en dis 'n lekker rit tot daar. Heerlike vakansie/ontspannende atmosfeer en al die nodige winkels is daar om dit gerieflik te maak.
Lidi C. - 8th February 2016
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Franschhoek is a must for anyone travelling South Africa!
Antoinette O. - 8th February 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Uitstekend vir gesinne.
Hans T. - 7th February 2016
staying in Van Riebeeckstrand, Wes-Kaap
Nice beach, sometimes windy.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za