Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.

Graaff-Reinet, Karoo

Pienaarsbaken Farm Cottages

"'n Pragtige dorp met die mooiste kerk en beste hotel wat ek in 'n lang tyd by gebly het. Dit is dus die ideale hotel vir enige funksie."

Carnarvon, Karoo

Joosteswerwe Guest Farm

"Carnavon het 'n heerlike restaurant, Lord's Kitchen, wat van 16h00/17h00 af oop is (hang af wat die dag is wat jy besoek). Alle ander winkels maak 17h00 toe, dus moet jy seker maak jy het alles wat jy nodig het vroegtydig. Daar is nie goeie selfoonseine nie, dus, as jy van alles af wil wegkom, is dit die ideale plek."

Laingsburg, Karoo

Herambi Guest House

"Sou graag meer tyd in Laingsburg wou deurgebring het."

Beaufort-Wes, Karoo

@ Mango's

"Ons het bietjie meer verwag. Jy kan allerhande lekker aktiwiteite in die omgewing doen veral by Olive Grove Guest Farm, maar moes toe terleurstellend uitvind dat dit slegs beskikbaar is wanneer jy Olive Grove se verblyf geboek het."

Graaff-Reinet, Karoo

4 Parsonage Street - De Kothuize

"Graaff-Reinet het die pragtigste huise en argitektuur. Die strate is mooi skoon en ek sal graag weer wil kom kuier. Ongelukkig was die Drostdy Hotel nie toeganklik nie a.g.v 'n troue. Ek sou graag die hotel wou besoek."

Graaff-Reinet, Karoo

Spandau Manor

"Graaff-Reinet was nog deur die jare 'n unieke plek om te besoek. Weens besondere familiebande het ons 'n lang verbintenis met dié dorp en verdiep ons ons gereeld in die geskiedenis en stories van die omgewing. Ongelukkig laat verval in bestuur van die dorp diep en sigbare spore, wat vererger word deur die armoede en bevolkingsdruk wat so 'n deel van ons samelewing is. Terwyl dele van die dorp skoon en aantreklik is, is byvoorbeeld die "bergpad" – steeds 'n wonderlike plek vir stap en draf – se ingang van die dam se kant so vuil dat dit afbreuk doen aan die natuur wat die besoeker wil geniet."

Aberdeen, Karoo

Pagel House B&B

"Baie beïndruk met hoe mooi skoon die dorp is en die vriendelikheid van almal: van die petroljoggie wat moes help dooie sprinkane afwas tot die personeel in die keurige kafeetjie! Baie vriendelike en ooglopend gelukkige kindertjies oral."

Colesberg, Karoo

Honeylocust Guest House

"As iemand Colesberg besoek, gaan eet gerus by die Plattelander!"

Williston, Karoo

Williston @ 21

"Ons het verby 'n baie gesellige restourant gery op pad na die gastehuis. Jammer ons het nie tyd gehad om daar saam te eet en kuier nie. Ons het uitgemis. Dis sulke goed wat mens die karakter van die dorp en sy mense laat mis. Ons sal beter beplan volgende keer."

Beaufort-Wes, Karoo

Cape Karoo Guesthouse

"Perfekte oorslaapplek tussen bestemmings."

Nieu-Bethesda, Karoo

Furrows Lodge

"Nieu-Bethesda is bekend vir die Uilhuis, maar daar is soveel meer om te doen, maar mens hoef nie elke dag rond te hardloop nie. Dis ook 'n baie lekker lê-en-rus-dorpie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Sou jy iets nodig kry wat jy nie by die plaaslike winkeltjie kan kry nie, is die rit Graaff-Reinet toe 'n baie lekker een."

Britstown, Karoo

Elsa's @ 27

"Britstown het 'n geweldige arm gemeenskap met baie nood. Die dorp word verwaarloos deur die lokale munisipaliteit. Die boere in die omtrek maak meestal van die groter dorpe gebruik alhoewel daar 'n OVK in die dorp is. Daar is nie baie werksgeleenthede in die dorp nie a.g.v. disinvestering."

Victoria-Wes, Karoo

Merino Junction

"Victoria-Wes, soos enige klein dorpie in die Karoo, het sy bekoring, sy mense mense en natuurlik die lekkerste skaapafval by die Merino Restourant."

Merweville, Karoo

Springbok Lodge Merweville

"Mense van Merweville nie baie vriendelik met toeriste."

Williston, Karoo

Annie's Inn

"Oulike dorpie!"

Gariepdam, Karoo

Stoneridge Guesthouse

"Dam overflowing when we visited."

Gariepdam, Karoo

A'Damsview

"Baie om te doen in die omgewing."

Gariepdam, Karoo

Waschbank River Lodge

"Heerlik en paar dinge om te doen in omgewing."

Richmond, Karoo

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Goeie oornagplek, maar daar is nie veel te doen nie."

Vosburg, Karoo

Elvee Accommodation

"Slegs oornag en nie geleentheid gehad om die dorp te verken nie. Hou van die rustigheid."

Colesberg, Karoo

Hazeldene

"Het al in baie plekke gebly in Colesberg, maar soek nog die plek wat aan vereistes voldoen. Goedkoop verblyf is nie altyd die beste nie. Ek dink Gariep Dam is 'n beter plek om te bly as ek na verblyf opsies kyk."

Gariepdam, Karoo

Gariep Inn

"Baie tevrede."

Colesberg, Karoo

De Vuur Gastehuis

"Heerlike eet plekke. Skaap/Lam vleis."

Joubertina, Karoo

Cornelia's field cottage nr. 1

"Goeie oornagverblyf op pad na eindbestemming."

Colesberg, Karoo

Donalds Guesthouse

"Rustig, skoon en vriendelike plek."

Graaff-Reinet, Karoo

Pienaarsbaken Farm Cottages

"We visited Nieu Betesda nearby and that was interesting and quaint town."

Graaff-Reinet, Karoo

Karoopark Guest House

"’n Pragtige, historiese dorp."

Blad
Blad 189 - Wys 5641 tot 5670
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang