Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"'n Gerieflike stop op pad Kaap toe as jy van ver af kom met keurige gastehuise!"
"Really just travelling through so no time to explore, but very beautiful area."
"Clean and quaint town. Flower and bird life is spectacular in spring. Weather was perfect. Viewing the town during sunset from the lookout point is definitely worth the walk. Take with your mountain bike and and hiking shoes!"
"Die mooiste Karoo-dorpie met baie om te sien en te ervaar. Heerlike etes by die Plaaskombuis."
"Goeie halfpad rusplek naby die N12. 'n Ekstra dag of twee kan dalk 'n belewenis wees. Versiering en kamers van uitstaande gehalte."
"Dit is 'n móét. Ons het die veral die appliekwerk-uitstalling van die skeppingsverhale en die tradisionele vertellinge van die oorspronklike inwoners van hierdie gebied waardeer. Die kurator het moeite gedoen om die stukke wat nog toegevou was, oop te maak, en elke verhaal te vertel. Dit was veral betekenisvol omdat dit op Erfenisdag was en ons kon sien met hoeveel sorg dié groep mense hulle nalatenskap eer en bewaar. Niks wat ek opgelees het oor die Uilhuis kon reg doen aan die kreatiwiteit wat in die huis uitgeleef is nie. Dit is altyd verbasend om te sien hoe 'n kunstenaar kan realiseer wat in hulle wêreld gebeur. Ons het ook die fossielmuseum besoek en ook daar was ons beïndruk met die passie wat die gids gehad het vir die vakgebied. Dit is net jammer dat ons tyd beperk was, want ons sou soveel meer wou sien en doen."
"'n Pragtige skoon en netjiese dorpie! Die dorp het 'n bekoring van sy eie en die inwoners is so vriendelik!"