Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 10360 resensies.

Keimoes, Noord-Kaap

Ou Skool Guest House

"Die wingerde in 'n andersins woestyn land maak dit 'n unieke belewenis. Jammer dat dit, soos bykans alle plattelandse dorpe in Suid Afrika (sowel as Namibia), so besoedel is met plastiek en papier en bottels ensomeer. "

Springbok, Noord-Kaap

Hananja Lodge and Restaurant

"Die omgewing rondom Springbok is mooier as die dorpie self!"

Keimoes, Noord-Kaap

Ou Skool Guest House

"'n Groen oase in die Noord-Kaap - baie mooi wingerde!"

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Die Baai se Bek

"Lekker staproetes beskikbaar, ligtoring, bekende skeepswrak, stil, min vakansiegangers en restaurantjies wat onder andere baie lekker roomys verkoop!"

Carnarvon, Noord-Kaap

Lord Carnarvon Guesthouse

"Pragtige dorpie met soveel potensiaal!"

Colesberg, Noord-Kaap

Chargo Merino Inn

"Lekker sentaal as jy reis en daar is goeie eetplekke in die dorp met die Gariepdam naby."

Loxton, Noord-Kaap

Die Rooi Granaat

"Dis 'n baie rustige dorpie wat jy sommer te voet kan verken. Die Rooi Granaat verskaf 'n kaart waarop al die besienswaardighede afgemerk is."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Victoria's Pride

"Baie interessante dorpie. Het al baie daar deurgery en nie besef hoe mooi dit eintlik is nie."

Kimberley, Noord-Kaap

Langberg Guest Farm

"Alhoewel die kinders dalk die geskiedenis van die groot gat en die museum vervelig vind, was dit vir my wonderlik en wens ek kon langer tyd daar deurbring. Ongelukkig was van die ander toeriste plekkies toe en kon nie gaan kyk nie. Kimberley is so bietjie verwaarloos maar nog steeds 'n stop wat mens iewers moet inpas."

Hanover, Noord-Kaap

Constantia Farmhouse

"Hanover is 'n klein ou plekkie, maar die landskap is so mooi. Die mense is ongelooflik vriendelik en behulpsaam, en dis die klein dingetjies wat hulle doen wat bepaal of jy weer daar sal stop. Ons sal beslis!"

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Die Pophuis Hoekie

"Baie oulike geboutjies in hoofstraat, net die regte plek vir beleggers om van dorpie 'n heerlike besienswaardige plek te maak wat dan ook meer vakansiegangers sal lok. Wat 'n verrassing om nog grondpaaie te sien in van die strate. Hou dit gerus so. Was heerlik om in Victoria West te kon oornag."

Colesberg, Noord-Kaap

Spes Bona Guesthouse

"Dis 'n pragtige dorpie. Ek was mal daaroor."

Britstown, Noord-Kaap

Kambro Accommodation & Farm Stall

"Lekker halfpad tussen Kaapstad en Gauteng."

Hopetown, Noord-Kaap

Frida's Gastehuis

"Heerlike Karoolamskotelette by Die Stalle Restaurant geëet."

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Richtersveld Experience Lodge

"Dit is baie ideaal en almal gaan daarna toe."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

De Oude Pastorie Gastehuis

"Dink dit is 'n oulike en rustige dorpie, en dit is goed geleë om halfpad te oornag."

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Nie so skoon soos ander Karoodorpe nie."

Kakamas, Noord-Kaap

Palmhof Chalets

"Ongelooflike plek! En die wyn is heerlik! Die mense is vriendelik en praat met die mooiste aksente. Die dorp is pragtig met al die water kanale. Wat 'n lekker plek. 'n Ander wêreld."

Calvinia, Noord-Kaap

Kleinplasie Gastehuis

"Restaurante maak te vroeg toe op 'n Sondag Middag , hotel uitgesluit."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Moonlight Manor

"Baie oulike dorpie met mooi ou geboue en kerke."

Springbok, Noord-Kaap

Blue Diamond Lodge

"Besoek gerus Goegaap Natuurreservaat."

Hadison Park, Noord-Kaap

The Cottage - Hadison Park

"Dis so mooi en skoon plekkie om te rus na 'n dag moeg op die pad en die mense is so vriendelik."

Middelpos, Noord-Kaap

Schroderhuis Guest House

"Dit is 'n baie veilige en gerieflike plek."

Williston, Noord-Kaap

Ark Gastehuis and B&B

"Besoek gerus die Manna Restaurant. Fantastiese Karoo-kos geniet. Was totaal verstom om 'n so 'n gehalte restaurant in die middel van die Karoo te ontdek."

Calvinia, Noord-Kaap

Hamtam Klipwerf Gastehuis

"Calvinia is 'n baie mooi plekkie ten spyte van die vreeslike droogte."

Blad
Blad 275 - Wys 8221 tot 8250
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem